RESEP: Hoendersoppastei

akkreditasie
FOTO verskaf / Spar
FOTO verskaf / Spar
Alles in een bak: maak jou winter ekstra spesiaal met ’n bak vol hemel. Verbeel jou ’n sop wat sy lyf hoenderpastei hou? Wel, met SPAR Freshline se sopreeks hoef jy nie nog te wag nie, jy kan net skep.

Vat kortpad met SPAR Freshline se hoendersop, voeg sitrusgeure by en bak dit onder ’n kombers van blaardeeg. 

genoeg vir 4

  • 2 x 500 g-pakke SPAR Freshline Chunky Chicken Soup 
  • sap en gerasperde skil van 4 SPAR Freshline-lemoene 
  • 2 x 400 g-rolle SPAR-blaardeeg (puff pastry) 
  • 1 eier, geklits 
  • 8 snye SPAR Freshline-olyfciabatta 
  • 100 g gruyèrekaas, gerasper 

Verhit oond tot 180 °C. Plaas SPAR Freshline Chunky Chicken Soup in ’n middelslagpot en voeg sap en skil van lemoene by. Meng deur, dis nie nodig om dit warm te maak nie. Plaas 4 oondvaste bakkies met ’n volume van 350 ml elk op ’n bakplaat en verdeel sop tussen bakkies. Sny 4 sirkels sowat 2 cm groter as bakkies uit blaardeeg. Plaas ’n sirkel op elke bakkie sop en vou rande oor bakkie. Verf deeg met eier. Bak vir sowat 15-20 minute in warm oond of tot deeg goudbruin en bros is. Terwyl pastei bak, plaas snye SPAR Freshline-olyfciabatta op ’n bakplaat en sprinkel kaas oor. Bak vir 8-10 minute tot kaas gesmelt het en begin verbruin. Sit sop voor met kaasbroodjies.

JONGSTE UITGAWE

SEPTEMBER/OKTOBER 2021

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees