RESEP: Piesangbrood-poeding

akkreditasie
Dis so maklik om te maak, selfs ’n kind kan dit doen – maar dit lyk baie indrukwekkend.

genoeg vir 8 – 10

2 piesangbrode, in skywe gesny

60 ml sagte botter

60 ml appelkooskonfyt

100 g donker- of witsjokolade, fyngekap

100 g haselneute, gekap

750 ml melk

6 eiergele

100 g (125 ml) suiker

Verhit oond tot 180 °C. Smeer botter en konfyt op piesangbrood en maak toebroodjies. Spuit ’n patroonpan met ’n volume van 1,9 liter goed met kleefwerende kossproei (ons het ’n pan gebruik waarin stoompoedings gemaak word). Pak ’n laag konfytbroodjies onderin die pan. Sprinkel ’n bietjie sjokolade en neute oor. Klits melk, eiergele en suiker saam. Gooi van die mengsel oor die onderste laag in die pan tot die broodjies lekker klam is. Herhaal die proses met die oorblywende bestanddele en eindig met ’n laag brood. Plaas in warm oond en bak vir 60 – 70 minute of tot eiermengsel gestol is. Haal pan uit oond en laat brood afkoel tot louwarm. Keer uit op opdienbord en sit voor met fudge-vla.

Maak jou eie eiervla in net 4 maklike stappe:

genoeg vir 600 ml

5 eiergele

100 g (125 ml) strooisuiker

500 ml melk

1 vanieljepeul, oopgesny en saadjies uitgekrap 

Gebruik ’n draadklitser en klits eiergele, suiker en vanielje saam tot lig en skuimerig.

Bring melk tot kookpunt en gooi warm melk stadig by eiermengsel terwyl jy klits. 

Gooi mengsel deur ’n sif terug in melkpot. Verhit oor lae hitte terwyl jy heeltyd roer – hou skoon bak byderhand.

Roer vla vir 8 – 10 minute of tot dit die agterkant van ’n lepel bedek. Moenie die vla laat kook nie, anders gaan dit skif. Wanneer jy jou vinger oor die lepel trek en die lyn bly daar is die vla reg. Gooi in skoon bak en laat afkoel.

Fudge-vla

Smelt 100 g vanieljefudge in 50 ml melk in mikrogolfoond. Roer by vla en sit voor. 

JONGSTE UITGAWE

Julie/Augustus-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees