book-icon Uitgawe Augustus 2019

RESEP: Sjokolade-splinterkoekie-koek

akkreditasie
FOTO Michael le Grange
FOTO Michael le Grange
Die vulsel is byna soos dié van kaaskoek. Soos die lae in die yskas staan, versag die koekies en raak dit maklik om te eet.

genoeg vir 1 koek

VULSEL

  • 1 x 385 g-blik kondensmelk
  • 100 ml suurlemoensap
  • 1 x 250 g-houer roomkaas

KOEKIES

  • 250 g (270 ml) botter
  • 200 g (250 ml) suiker
  • 200 g (250 ml) bruinsuiker
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 2 eiers, geklits
  • 370 g (660 ml) bruismeel
  • 2 ml sout
  • 250 g sjokoladesplinters 

Meng alles vir vulsel saam. Laat staan in yskas vir 1 uur terwyl jy koekies bak. KOEKIES Verhit jou oond tot 180 °C. Klits botter en albei suikers tot lig en romerig. Voeg vanielje by en meng. Voeg geklitste eier geleidelik by en klits goed ná elke byvoeging. Sif bruismeel en sout saam en voeg by bottermengsel. Voeg sjokoladesplinters by en meng goed. Verdeel deeg in 7 ewe groot porsies. Spuit 8 velle bakpapier goed met kleefwerende kossproei. Plaas een deegbal op ’n vel papier en sprinkel goed met meel. Plaas nog ’n vel bo-op en rol uit tot 5 mm dik. Verwyder boonste bakpapier en plaas deegsirkel op bakplaat. Bak vir 8-10 minute of tot goudbruin. Herhaal met res van deeg. Laat deegsirkels afkoel op papier voor jy dit verwyder – die koekies sal sag wees as jy dit uit die oond haal, maar hard word soos dit afkoel. Skep vulsel in spuitsak met 1 cm-tuit. Plaas eerste koekie op bord, spuit vulsel in spiraal oor en plaas tweede koekie boop. Herhaal tot al die koekies en vulsel op is. Laat staan in yskas vir 1 uur vir koekies om sag te word. 

JONGSTE UITGAWE

Julie/Augustus-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees