RESEP: Ystervark-doughnuts

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
FOTO Michael le Grange
FOTO Michael le Grange

genoeg vir 8

Plaas melk, strooisuiker, botter, eiers, gis, kakao en koekmeel in bak van elektriese menger. Klits by hoë spoed met mengspaan (K-beater) tot alles in een bal saamkom. Sit deeg in skoon bak en maak toe met kleefplastiek. Laat rys vir 45-60 minute op ’n warm plek tot dubbel die volume. Terwyl deeg rys, plaas sjokolade en room in ’n kastrol en verhit oor matige hitte tot sjokolade gesmelt het. Plaas vulsel in yskas om te stol. Sprinkel meel op werkvlak, keer deeg uit en gebruik jou vingerpunte om deeg tot sowat 1 cm dik plat te druk. Sny deeg in stroke van 1,5 cm breed en sny dan elke strook so lank soos jy verkies. Pak deegstroke op ’n bakplaat wat met meel besprinkel is en laat rys op ’n warm plek tot dubbel die volume, sowat 20-30 minute. Verhit intussen sonneblomolie tot warm en plaas doughnuts versigtig in warm olie. Braai sowat 3-5 minute per kant of tot goudbruin. Dreineer op kombuispapier en rol dadelik in klapper. Sny elke doughnut in die helfte en smeer lepels vol sjokoladevulsel op een helfte. Plaas tweede helfte bo-op en sit voor.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
JONGSTE UITGAWE

NOVEMBER/DESEMBER 2021

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees