Karringmelkbeskuit – die basiese resep

akkreditasie
Karringmelkbeskuit
Karringmelkbeskuit

Gebruik ’n broodpan van sowat 18cmx8cm. Ek sny gewoonlik my beskuit in stukke- dis net makliker, sê Barbara Joubert

By my ouma Barbara Isabel Slabbert het ek die fynere kunsies van beskuitbak geleer

- Barbara Joubert

Een broodpan

(18 stukke)

  • 500 g bruismeel
  • 2,5 ml sout
  • 250 g botter
  • 200 g suiker
  • 250 ml karringmelk
  • 1 eier

Twee broodpanne

(36 stukke)

  • 1 kg bruismeel
  • 5 ml sout
  • 500 g botter
  • 400 g suiker
  • 500 ml karringmelk
  • 2 eiers

Gooi die bruismeel en sout in 'n groot mengbak. Sny die botter in blokkies en vryf dit in die mengsel tot dit soos broodkrummels lyk. Sit die suiker by en meng goed. Klits die karringmelk en eier(s) saam. Voeg by die meelmengsel en meng goed. Gooi in gesmeerde broodpanne en bak in 'n voorverhitte oond teen 180 °C vir sowat 1 uur, of tot gaar. Toets met 'n toetspen en maak seker hy kom droog uit.

Laat afkoel voor jy die beskuit in vingers sny. Sit die gesnyde beskuit op bakplate en laat vir sowat 8 uur teen 120 °C uitdroog. Ek droog gewoonlik my beskuit oornag in die oond uit.

3 variasies

Met dié basiese resep kan jy 3 lekker variasies maak:

JONGSTE UITGAWE

NOVEMBER/DESEMBER 2021

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees