Lekkerste Koffiekoek

akkreditasie
Anel Bezuidenhout van Melkbosstrand se resep is dié maand ons wenner. Olie pleks van botter is die geheim. Anel vertel “Dié koffiekoek-resep kom van my oorlede skoonma, Rietjie Bezuidenhout, af. Sy was nou vir jou ’n vrou wat kon bak, hoor! Sy het altyd gesê die geheim van ’n lekker klam sjokoladekoek is om die botter met olie  te vervang, en hierdie resep doen juis dit.”  

Koek

  • 280 g (500 ml) koekmeel
  • 70 g (180 ml) kakao
  • 7 ml bakpoeier
  • 10 ml koeksoda
  • knippie sout
  • 400 g (500 ml) suiker
  • 2 eiers
  • 250 ml melk
  • 125 ml kookolie
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 250 ml sterk koffie

Versiersel

  • 80 g (90 ml) sagte botter
  • 70 g (180 ml) kakao
  • 260 g (500 ml) versiersuiker
  • 60 ml sterk koffie

Sif bestandeleGooi koffie by
1.Verhit oond tot 180 °C. Voer twee

20 cm-koekpanne met bakpapier uit en

spuit goed met kleefwerende kossproei. Sif

meel, kakao, bakpoeier, koeksoda en sout

saam in ’n groot mengbak. Voeg suiker by

en roer deur met ’n houtlepel.

2. Klits eiers, melk, olie en vanieljegeursel in

aparte mengbak. Voeg by droë bestanddele.

Gooi koffie by.

Klits goed vir 2 minuteVerdeel mengsel tussen twee panne
3. Klits goed vir 2 minute tot

romerige, gladde mengsel.

4.Verdeel mengsel tussen die twee panne

en plaas op middelste oondrak. Bak vir

35 – 40 minute of tot ’n toetspen skoon

uitkom. Laat in pan afkoel en keer uit.

Sien “Versier só” onder.

Versier só

Plaas bestanddele vir versiersel in elektriese menger se bak en klits op hoë spoed tot gladde mengsel. Sny bokant van koeke met ’n riffelmes gelyk. Skep versiersel in spuitsak met 1 cm-tuit. Plaas eerste koek gesnyde kant na bo op koekbord. Spuit helfte van versiersel op die koek en smeer gelyk. Plaas tweede koek bo-op  gesnyde kant na onder. Spuit res van versiersel boop en smeer gelyk. Bêre in lugdigte houer.

Het jy ’n wen-koekresep?

Stuur dit vir ons, sê waar dit vandaan kom en verklap iets oor die storie. Kies Herman dit as een van ons bestes, wen jy ’n jaar se intekening op SARIE. Stuur jou resep na herman.lensing@sarie.com

JONGSTE UITGAWE

NOVEMBER/DESEMBER 2021

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees