genoeg vir 8
SJOKOLADESOUS
Plaas al die bestanddele vir die brood,
behalwe die melk, in ’n elektriese
menger se bak. Begin die deeg met die
deeghaak op mediumhoë spoed meng
terwyl jy genoeg melk bygooi tot ’n
sagte kniebare deeg vorm. Knie vir
5-8 minute. Plaas die deeg in ’n skoon
bak wat gesmeer is met olie en maak
toe met kleefplastiek. Laat rys vir
30-35 minute op ’n warm plek of tot
dubbel die volume. Terwyl die deeg
rys, kry kole mediumwarm. Verdeel die
deeg in 16 balle. Spuit ’n pot of pan
wat oor die kole kan staan goed met
kleefwerende kossproei en plaas die
deegballe daarin. Maak die pot toe met
tinfoelie. Krap die kole in die middel
weg na die buitekante van die braaier –
daar moet geen kole onder die pot
wees nie. Plaas die rooster sowat 20 cm
bokant die kole en plaas die pot met
die brood in bo-op die rooster. Laat vir
25-30 minute stadig bak of tot die
brood goudbruin en gaar is. Terwyl
brood braai, bring die sjokolade en
room tot kookpunt in ’n klein kastrol
en roer tot ’n gladde sous vorm.
Verwyder die gaar brood uit die pot en
sif versiersuiker oor. Sit voor met die
sjokoladesous en roomys.