’n Klassieke Portugese melktert

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
FOTO Donna Lewis
FOTO Donna Lewis
Dié klassieke tertjie van Portugal staan ook bekend as pastel de nata. Tradisioneel is dit net twee of drie happies groot, maar daar is geen rede om nie sommer ’n hele sny van die lekkerte te geniet nie!

Kors

  • 2 x 400 g-rolle blaardeeg, ontdooi oornag in yskas
  • ekstra koekmeel vir uitrol

Vulsel

  • 530 g (660 ml) strooisuiker
  • 320 ml water
  • 1 stuk pypkaneel
  • 620 ml melk
  • 50 g (90 ml) koekmeel
  • 12 eiergele
  • 5 ml vanieljegeursel

Plaas velle deeg op mekaar.

Sprinkel meel op werkvlak en rol deeg uit tot sowat 5 mm dik.

Verdeel deeg in twee ewe groot porsies.

Sprinkel nog meel op werkvlak.

Sit deeghelfte regop neer en druk met handpalm plat.

Rol nou met koekroller tot sowat 3 mm-dik sirkel uit.

Spuit ’n 25 cm-losboom-koekpan goed met kleefwerende kossproei.

Voer pan uit met deegsirkel en sny deeg wat oorhang netjies af.

Herhaal dan met die tweede deeghelfte.

Maak vulsel só

Verhit oond tot 200 °C.

Plaas strooisuiker, water en kaneel in ’n middelslagpot.

Bring tot kookpunt en laat kook tot vloeistof met helfte verminder het.

Plaas melk, meel, eiers en vanieljegeursel in mengbak.

Klits goed.

Voeg suikerstroop by en meng.

Plaas terug in pot en roer oor matige hitte met ’n draadklitser tot die mengsel verdik, sowat 10 minute.

Gooi vulsel in kors en bak vir 45 – 60 minute of tot bokant donkerbruin en vulsel gestol soos jellie is.

Laat afkoel en verwyder ring.

JONGSTE UITGAWE

Julie/Augustus-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees