Deel

SARIE Inspirasie-etes-gunsteling: Melkbrood met vanieljebotter en roos-aarbeikonfyt

akkreditasie
Melkbrood met vanieljebotter en roos-aarbeikonfyt
Melkbrood met vanieljebotter en roos-aarbeikonfyt
Verlede jaar se Inspirasie-etes in Bloemfontein was ’n reuse sukses.

Nou maak ons weer so en kuier van 7 Junie tot 10 Junie in die Rosestad. Een van die gunstelinge op Herman se spyskaart verlede jaar, was die melkbrood met vanieljebotter en roos-aarbeikonfyt.

Hier is laasjaar se resep, maar maak seker dat jy nie hierdie jaar se Inspirasie-etes misloop nie. Dit beloof om nog een vir die boeke te wees.

SARIE Inspirasie-etes vind hierdie jaar aan die be
SARIE Inspirasie-etes vind hierdie jaar aan die begin van Junie in Bloemfontein plaas.

Koekmeel, kitsgis, geklitse eiers en nog ’n paar maklike bestanddele maak van hierdie brood en konfyt ’n wenkombinasie.

Melkbrood

Genoeg vir 6

Melkbrood

SUURDEEG

240 g (430 ml) koekmeel
500 ml louwarm water
1 x 10 g-sakkie kitsgis

DEEG

1,6 kg (2 860 ml) witbroodmeel
260 g (325 ml) strooisuiker
10 ml sout
10 ml anys
2 eiers
160 g (175 ml) sagte botter
200 ml louwarm water
50 ml poeiermelk
1 geklitste eier om oor te verf

GLASEERSEL

100 g (125 ml) suiker
100 ml water

SUURDEEG

Plaas meel, water en gis in ’n groot mengbak en meng tot ’n slap deeg.

Maak bak toe met kleefplastiek ?en laat rys op ’n warm plek tot dubbel die volume, so 30-45 minute.

DEEG

Plaas al die bestanddele in ’n groot mengbak.

Voeg suurdeeg by en meng deur tot ’n stywe, kniebare deeg vorm – voeg ekstra water by indien nodig.

Knie vir 8-10 minute of tot ’n gladde, elastiese deeg.

Plaas deeg in ’n bak wat met olie gesmeer is en laat rys op ’n warm plek tot dubbel die volume.

Knie deeg af en laat rys weer tot dubbel die volume.

Verdeel deeg in 30 g-stukkies – jy moet dit weeg sodat almal dieselfde grootte is – en rol in balletjies.

Spuit 6 x 250 ml-holtes van ’n ekstragroot kolwyntjiepan met kleefwerende kossproei.

Pak deegballetjies in ’n sirkel in elke holte – jy kan self besluit hoeveel jy in elk sit.

Laat rys weer op ’n warm plek tot dubbel die volume, sowat 20-25 minute.

Terwyl deeg rys, verhit oond tot 180 °C.

Verf deeg voor jy dit in die oond sit met geklitste eier.

Bak vir 15-20 minute of tot goudbruin en gaar.

GLASEERSEL

Terwyl brood in oond is, plaas suiker en water in ’n klein kastrol.

Bring tot kookpunt en kook vir 2 minute.

Verf brood met glaseersel sodra dit uit die oond kom.

Laat afkoel en sit voor met vanieljebotter en roos-aarbeikonfyt

Vanieljebotter en roos-aarbeikonfyt

Genoeg vir 6

115 g (125 ml) sagte botter
saadjies van 1 vanieljepeul
250 ml aarbeikonfyt
30 ml roosstroop

Klop botter en vanielje met ’n houtlepel tot lig en romerig.

Skep in bakkies van jou keuse en hou eenkant.

Meng konfyt en roosstroop.

Verdeel ook tussen dienbakkies.

Sit bakkies met botter en konfyt voor saam met warm brood.

Moenie hierdie jaar se Inspirasie-etes in Bloemfontein misloop nie

4 dae, 4 geleenthede vir ons lesers.

Ná ons lekker kuier verlede jaar, maak SARIE weer ’n draai in die Rosestad. Kom ontmoet SARIE-redakteur, Michélle van Breda, en SARIE-kosredakteur, Herman Lensing, wat spesiaal vir jou ’n vyfgang-maaltyd gaan kook, voorgesit saam met wyne van Robertson Wynmakery deur Herman uitgekies.

Datums

Woensdag 7 Junie, 19:00

Donderdag 8 Junie, 19:00

Vrydag 9 Junie, 18:00

Saterdag 10 Junie, 18:00

Plek

Warm Karoo, Du Preez-laan 16, Spitskop, Bloemfontein

Kaartjies

R650 per persoon, alles ingesluit.

       
JONGSTE UITGAWE

Mei/Junie-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees