book-icon Uitgawe November / Desember 2021

Stokbrood met pistasieneut-botter

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
FOTO Michael le Grange
FOTO Michael le Grange

genoeg vir 4-6 stokbrode 

BOTTER 

Plaas gis, sout, heuning, olyfolie en water in ’n groot mengbak en meng met ’n houtlepel. Voeg broodmeel geleidelik by terwyl jy verder meng. Voeg genoeg meel by om ’n kniebare deeg te vorm. Knie vir 8-10 minute op ’n meelbestrooide oppervlak. Plaas deeg in bak wat met olie gesmeer is en maak toe met kleefplastiek. Laat rys op ’n warm plek tot dubbel in volume, sowat 30 minute. Kry kole mediumwarm terwyl deeg rys en maak solank jou botter: Klop botter tot sag met ’n houtlepel en meng neute by. Rol botter in worsvorm met ’n stuk bakpapier – jy kan self besluit hoe dik en lank. Plaas in yskas. Verdeel gerysde deeg in 6 balle. Rol elke bal in ’n lang wors van sowat 30 cm. Draai in ’n spiraal om die punt van ’n dikkerige stok. Druk die voorste punt goed vas. Braai oor warm kole, sowat 30 cm weg, tot goudbruin en gaar, so 25 minute. Trek van stok af en eet met pistasiebotter.                   

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
JONGSTE UITGAWE

NOVEMBER/DESEMBER 2021

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees