Koek Verhit oond tot 180 °C en spuit twee ronde koekpanne met ’n deursnee van 20 cm goed met kleefwerende kossproei. Sif meel, mielieblom, bakpoeier en sout saam in ’n groot mengbak. Klits eiergele en strooisuiker in ’n aparte mengbak tot romerig. Klits dan die yswater geleidelik by. Vou droë bestanddele versigtig met ’n groot metaallepel by eiergeelmengsel in. Klits eierwitte in ’n skoon bak totsagte punte vorm en vou by beslagin. Verdeel beslag tussen panne enbak vir 25-30 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom. Keer uit op ’n draadrak en laat afkoel. Vulsel Giet 400 ml van die melk in ’n skoon pot en bring tot kookpunt. Meng vlapoeier met die oorblywende 100 ml melk en voeg sout by. Roer vlamengsel vinnig met ’n ballonklitser by die kookmelk en laat kook tot ’n dik, gladde vla, sowat 3-5 minute. Skep vla in ’n skoon bak om af te koel en plaas ’n stuk bakpapier direk op die vla sodat dit nie ’n vel vorm nie. Klits dan botter en strooisuiker saam tot lig en romerig en voeg vanieljegeursel by. Klits die koue vla lepel vir lepel by totdat ’n fluweelagtige vulsel vorm. Maak só klaar Verdeel afgekoelde koeke in twee lae elk. Plaas eerste koeklaag op ’n dienbord. Skep ’n kwart van die vulsel op die koek en versprei eweredig. Plaas tweede koeklaag bo-op en smeer nog ’n kwart van die vla oor. Herhaal tot jy al die koeklae en vla gebruik het. Strooi koekiekrummels oor vla en sit voor.