5 styl-oomblikke van Hailey Bieber

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
FOTO YSL / Daniel Regan
FOTO YSL / Daniel Regan

As die dogter van akteur Stephen Baldwin en sedert 2018 getroud met die Kanadese Grammy-wenner Justin Bieber, is Hailey Bieber gewoond aan die kollig. Hoewel die 24-jarige se droom om ’n prima ballerina te word in haar laat tienerjare aan skerwe gespat het weens ’n voetbesering, kon sy ’n loopbaan as model uitkerf en het al in advertensieveldtogte vir name soos Guess, Ralph Lauren en Tommy Hilfiger verskyn.

Op 1,71 m is sy nie juis lank nie, maar danksy haar grasie en soepelheid is sy pas aangewys as die Italiaanse tekkievervaardiger Superga se gesig (en lyf) van 2021. Sy word gereeld deur steelfotograwe afgeneem danksy haar unieke straatstyl – klassiek maar prettig; volgens Superga nog ’n rede waarom sy vir hul veldtog gekies is. Vir Hailey, ’n groot voorstander van volhoubaarheid, was dit ook die perfekte pasmaat. Uit ’n era voor die uitvinding van plastiek word dié klassieke tekkie al langer as ’neeu met die hand gemaak van katoen, natuurlike rubber en aluminium.

Met haar voete stewig op die grond is dié skoonheid beslis iemand om dop te hou.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
JONGSTE UITGAWE

NOVEMBER/DESEMBER 2021

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees