Op Sondag 5 Januarie 2020 het die rooitapyt-seisoen vir die nuwe jaar amptelik afgeskop. Dit was die jaarlikse Golden Globes-toekennings waar sterre van die rolprent- en TV-genre bekroon is.
Die Britse regisseur Sam Mendes is aangewys as beste regisseur vir die oorlogsdrama 1917 - die rolprent is ook die wenner in die beste drama-kategorie.
Renée Zellweger is aangewys as beste aktrise in die drama-kategorie vir haar vertolking van ontslape Hollywood-ikoon Judy Garland in Judy.