Om ’n romp te dra is egter nie so vreemd vir Brad nie; hy het immers vir sy rol in die fliek, Troy (2004), weke in ’n romp spandeer.
Hy is egter nie die enigste akteur wat in 2022 ’n broek vir ’n romp by ’n rooitapyt-geleentheid verruil het nie.
Die Amerikaanse akteur & vervaardiger Oscar Isaac het tydens die bekendstelling van die TV-reeks, Moon Knight, sy broek vervang met ’n geplooide romp. Tydens die Met-gala in Mei vanjaar het Oscar Isaac weer besluit om liewer ’n romp te dra.