’n Nuwe reeks in samewerking met SABYASACHI is op Dinsdag, 10 Augustus 2021 in H&M se studio bekend gestel - en SARIE se modespan was daar.
Die span het met breë glimlagte teruggekeer huis toe: ons is kinderlik opgewonde! Die pragtige, kleurvolle patrone het ons sommer opgewonde gemaak vir die komende somer.
Sabyasachi Mukherjee is een van Indië se bekendste ontwerpers. Hy is bekend vir sy patrone en besonderse juweelontwerpe, en het een van superster Priyanka Chopra se trou-uitrustings ontwerp.