Só dra jy helder kleure

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Agter die skerms van Emme Scholtz en Nicole Nathan se voorblad-fotosessies.

FOTO'S Marzanne Schoeman
Agter die skerms van Emme Scholtz en Nicole Nathan se voorblad-fotosessies. FOTO'S Marzanne Schoeman
Van bont patrone tot helderkleurige t-hemde en rokke in sagte pastelskakerings … die somer het aangebreek en daar is ’n ontploffing van kleur in die klerewinkels.

Trenery en modestilis Antoinette Degens deel vier maniere waarop jy jou uitrustings met ’n tikkie kleur kan ophelder. Antoinette se kennersoog kombineer vleiende patrone met ontspanne style en lap wat maklik asemhaal, ideaal vir die somer se warmste dae.

Kleurkombinasies

As jy nie baie helder kleure in jou kas het nie, begin klein: voeg ’n neutrale kleur soos klimopgroen by jou klerekas – dié kleur kan met enige iets gekombineer word. “Ek is mal daaroor om verskillende teksture in dieselfde skakering te kombineer,” vertel Antoinette. Kombineer ’n groen broek, romp of selfs ’n baadjie met ’n vars, wit T-hemp vir die perfekte somervoorkoms.

DEUR Amaria Carstens MODESTILIS Magdel Muller FOTO
Is jy skrikkerig vir helder kleure? Probeer meer neutrale skakerings soos klimopgroen. STILERING Amaria Carstens & Magdel Muller FOTO Cass Collett
DEUR Amaria Carstens MODESTILIS Magdel Muller FOTO
'n Helderkleurige baadjie gekombineer met 'n vars T-hemp bied die perfekte somervoorkoms. STILERING Amaria Carstens & Magdel Muller FOTO Niquita Bento van Supernova

Patroon-perfek

Ons skrik soms vir groot, helderkleurige patrone op klere. En tog is dié voorkoms, veral die pragtige blompatrone wat oral in die winkels hang – perfek om sagte rolletjies en kurwes weg te steek. Boonop gee dit net genoeg persoonlikheid aan ’n uitrusting wat andersins byna vervelig is. Antoinette beveel aan jy meng en pas helder patrone met denim, vlootblou, wit, en selfs beige.

DEUR Amaria Carstens MODESTILIS Magdel Muller FOTO
Kombineer helder patrone met denim, vlootblou, wit, en selfs beige. STILERING Amaria Carstens & Magdel Muller FOTO Cass Collett
DEUR Amaria Carstens MODESTILIS Magdel Muller FOTO
Kombineer patrone met neutrale skakerings óf met effekleurige items as jou styl ’n bietjie meer waaghalsig is. STILERING Amaria Carstens & Magdel Muller FOTO Niquita Bento van Supernova

Somer-palet

Laat die warm somerson tot in jou klerekas skyn met helder, sonnige kleure soos gousblomgeel. Kombineer dit met linnemateriaal in ligte, aardse skakerings om jou voorkoms natuurlik te hou.

DEUR Amaria Carstens MODESTILIS Magdel Muller FOTO
Kies sonnige skakerings soos gousblomgeel. STILERING Amaria Carstens & Magdel Muller FOTO Niquita Bento van Supernova
DEUR Amaria Carstens MODESTILIS Magdel Muller FOTO
Kombineer vir 'n natuurlike voorkoms helder kleure met linnemateriaal in aardse kleure. STILERING Amaria Carstens & Magdel Muller FOTO Cass Collett

Boheems en koel

Kombineer ’n maksiromp met ’n boheemse bloes in ’n helder skakering vir ’n vroulike en sonnige somervoorkoms. 

DEUR Amaria Carstens MODESTILIS Magdel Muller FOTO
’n Boheemse bloes soos dié saam met ’n maksiromp sorg vir ’n ontspanne voorkoms. STILERING Amaria Carstens & Magdel Muller FOTO Cass Collett

Vir meer inspirasie deur Antoinette en Trenery, klik hier

JONGSTE UITGAWE

NOVEMBER/DESEMBER 2021

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees