Dit keer glo uitbranding, wakker kreatiwiteit aan én help met probleemoplossing. Niksen bring perspektief.
Ledigheid is die duiwel se oorkussing. Die Franse teoloog Johannes Calvyn kon netsowel dié spreekwoord uitgedink het. Calviniste voel mos maklik skuldig.
Ons dink ons moet wérk en aanmekaar produktief wees. Stilsit is nie ’n opsie nie. Maar nie meer in Nederland nie. En die kuns van niksdoen, of “niksen” soos die Nederlanders dit noem, is dalk ook óns antwoord.