BIRKENSTOCK se nuwe hoëglans-skoenreeks bied jou voete absolute gemak en styl vir elke seisoen

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
BIRKENSTOCK het onlangs sy nuwe High Shine-reeks in Suid-Afrika bekendgestel. Dié skoene, gemaak van gehalte-glansleer is elegant en nommerpas as jy op soek is na tydloosheid.
BIRKENSTOCK
Foto: Verskaf.

In BIRKENSTOCK se nuwe High Shine-reeks word die sagte boskoen van glansleer gekomplementeer deur ’n voetbed wat met ryk Italiaanse leer uitgevoer is, terwyl dit styl bied wat die oog tref, asook buitengewone gemak.

Die High Shine-reeks is beskikbaar in die klassieke Arizona- (R3 399) en Madrid-style (R2 899), sowel as die Franca (R3 399) met sy fyner, dunner bandjies, een van die seisoen se treffers. Kleure waarin dit te kry is, sluit in swart en ryk, donker sjokolade.

BIRKENSTOCK is ’n globale leefstylhandelsmerk met ikoniese skoene as hul erfenis. Met wortels wat so ver terug strek soos 1774, het dit ’n geskiedenis van byna 250 jaar.

Foto: Verskaf.
Foto: Verskaf.
Foto: Verskaf.
BIRKENSTOCK
Foto: Verskaf.

BIRKENSTOCK gebruik reeds meer as ’n eeu die term “voetbed” as ’n sinoniem vir uitstekende gemak, maak nie saak of jy staan of loop nie. Die voetbed word vervaardig van natuurlike materiale – kurk, jute, leer en lateks – en vorm volgens jou voet vir legendariese gemak.

Dié seisoen gaan BIRKENSTOCK op ’n reis deur alle terreine van die stadslewe en kombineer onberispelike en funksionele ontwerp met veelsydigheid en flair vir ’n stylvolle leefwyse.

BIRKENSTOCK bied jou voete absolute gemak en styl vir elke seisoen. Die High Shine-reeks is beskikbaar by uitsoektakke van BIRKENSTOCK en aanlyn by bashafrica.com.

  • Bash Africa is die amptelike verspreider van BIRKENSTOCK in Suid-Afrika. Vir nog inligting, besoek www.bashafrica.com.
Meer oor BIRKENSTOCK

BIRKENSTOCK is ’n wêreldwye leefstylhandelsnaam met ’n erfenis van ikoniese skoene, geskoei op die ontwerp van die BIRKENSTOCK-voetbed.

Die handelsnaam dateer so ver terug soos 1774, met gehalte en funksie die belangrikste riglyne in al sy handelinge en oor alle kategorieë.

Hierdie tradisionele sesdegenerasie-familiebesigheid is een van die skoenbedryf in Duitsland se grootste werkgewers.

BIRKENSTOCK het reeds die term “voetbed” in 1910 begin gebruik, en vandag verstaan verbruikers oor die wêreld heen die woord as ’n sinoniem vir uitsonderlike gemak wanneer dit kom by staan en loop.

Teen die vroeë 1970’s het BIRKENSTOCK ’n internasionale speler geword. Die sandale word in Duitsland vervaardig en in meer as 100 lande op al die kontinente verkoop.

BIRKENSTOCK het ook ’n groeiende reeks toe skoene, kinderskoene en beroepskoene, sowel as spesialisprodukte vir ortopediese kleinhandelaars, sokkies, sakke en gordels.

JONGSTE UITGAWE

Julie/Augustus-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees