Fotojoernalis vertel: As die berg brand ...

akkreditasie
Uit haar woonstel se vensterbank het sy die nagmerrie aanskou: ’n Berg wat brand ... Tafelberg. Die joernalis en fotograaf Marzahn Botha het haar kamera gegryp, sy moes die storie vertel ... sy moes dit vasvang. Sy deel dit met SARIE.com

Op Sondag, 18 April, het die hange van Tafelberg begin brand. Teen Woensdag 21 April het dit geblyk of die vure nou by groot dele beperk is. Nietemin woed die vuurvegters voort.

Uit Marzahn se pen

Op 20 April skryf Marzahn:

Alles is tans vol roet en rook. As jy tande gaan borsel is jou wasbak swart, en die rook hang in die lug en trek in jou klere in. As die helikopters se ritmiese te-te-te-te jou in die oggend wakker maak, stuur jy reguit 'n gebed boontoe om hulle in die lug te beskerm en die vuurtyd nou korter te maak. Hierdie mense doen 'n ongelooflike werk, selfs vanoggend to ek 01:30 uit sit, het sommige voortgeweg, terwyl ander langs die wa gelê het - poegaai, is al woord om dit te beskryf. Dan stoot 'n woede in my op maar terselfdertyd 'n berustiging, want ons vuurvegters en die diereorganisasies weet wat hulle doen. Soms voel mens so hulpeloos in die land, want die afbreek is, wel monumentaal (as ek dit maar so mag gebruik). Tog, is die saamstaan deur die gewone mens se veg ons uit diep walle te kry, altyd so meesterlik. Die helikopters se knalritme is ons aanslag op al die lelike en aspris wat ons soms daagliks hier wil insluk.

Later die middag, laat sy weer van haarself hoor:

Hier hang so effe van 'n verligting in die lug by Gardens en Vredehoek. Die brandweerwa kom afgery en begin toet van ver. Die mense jil, gil en klap hande soos vir die gesondheidswerkers verlede jaar die tyd. Die strydosse geniet die aandag, en tereg so. Die kroeg langsaan, Villa Taverna, was vol soos die kliënte van die omgewing uit hulle gate begin klim het. Hoe lekker is dit nie om te wuif vir die mense wat soos leeus teen die vuur geveg het. Saluut!

Uit haar lens:

FOTO Marzahn Botha
FOTO Marzahn Botha
Mario Eysley, klim in sy trok reg om weer voort te beur. FOTO Marzahn Botha

Van, die vuurwegter, rus vir ’n oomblik ná hy vir ure in die berg was. FOTO Marzahn Botha
Dis vuur en roet glim in die son wat oor Kaapstad sak. FOTO Marzahn Botha
Van the Man. Elke brandbestryder het 'n naam waaraan hy geken word. FOTO Marzahn Botha
FOTO Marzahn Botha
Een pyp is 500 m lank. Hulle gebruik tussen 10 en 20 pype om in die berg op te gaan. Oral is verbindings, en die pype loop soms deur mense se huise. FOTO Marzahn Botha
Veg voort in die puin. FOTO Verskaf

JONGSTE UITGAWE

NOVEMBER/DESEMBER 2021

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees