Onthaal in styl
’n Besoek aan die plaas Oakfield met sy ou bome, waterstroom en drie onthaalvenues, elk met sy eie kapel, en verblyf is ’n ware inspirasie. Daar is die historiese Dairy en sy kapel, wat in 1940 deur Italiaanse krygsgevangenes gebou is en perfek is vir ’n intieme troue van 120 gaste of minder.
’n Olyfboord oorkant die pienk roosboë wat aan die venue grens, tesame met ’n geheime tuin, skep die perfekte agtergrond vir pragfoto’s.
Dan is daar die Homestead met sy Woudkapel en plek vir 350 gaste, met kaggels as jy in die winter die knoop wil deurhaak.
Die Summerhouse en Kweekhuiskapel se kontemporêre glas-argitektuur lyk weer prentjiemooi in ’n Engelse tuin, terwyl dit ook kaggels het.
Die laaste tikkie detail is ’n perdekar as troukar. Terwyl die plaas se ligging dit maklik bereikbaar vanaf Pretoria en Johannesburg maak.
- Web: oakfield.co.za
- Facebook: OakfieldFarm
- Instagram: oakfieldweddingvenue
Die prys
’n Troue vir 30 gaste in die Dairy. Ingesluit is die eerste ronde drankies, heildronk, spyseniering, venue, personeel, kapel, beperkte dekor, ’n perd en rytuig, aantrekkamer vir die bruid en wittebroodsuite. Die wenpaartjie het die keuse om ’n groter venue te gebruik en meer gaste te nooi, teen hul eie koste. Waarde: R50 000.
Jul beloftes verseël
Diamante is jou beste vriendin: Jou trouring is iets wat jy vir die res van jou lewe met jou saamdra. The Diamond Works Institute se vakmanskap en professionaliteit sal sorg dat dit ’n belegging bly, terwyl jy ook gerus kan slaap dat hulle na die bewaring van die omgewing omsien.
- Web: thediamondworks.co.za
- Facebook: TheDiamondWorks
Die prys
18 kar. witgoudring met diamante van altesame 0,53 karaat. Waarde: R70 000.
Praguitsigte vir jou wittebrood
Omring deur welige woude en riviere, is die boetieklodge Timamoon naby Hazyview perfek vir enige wittebrood.
Elk van die sewe villas is privaat met tropiese tuine, ’n private swembad, kaggel, oorgroot bad, buitestort en dagbeddens buite waarvandaan jy die skoonheid om jou kan bewonder.
’n Waterval bied die ideale piekniekplek en saans kan julle by kerslig eet in ’n eksotiese restaurant gebou op pale langs ’n koidam.
Dit is ook naby genoeg vir ’n daguitstappie aan die Krugerwildtuin of die majestueuse Blyderiviercanyon.
- Web: timamoonlodge.co.za
- Facebook en Instagram: timamoonlodge
Tel: 079 811 0700
Die prys
3 nagte vir die troupaar (behalwe ’n Vrydag en Saterdag) in ’n luukse villa met ’n private swembad. Ook ingesluit is: Ontbyt en aandetes asook verwelkomingsdrankies met aankoms.
’n Romantiese bad vir jou ingetap en ’n bottel yskoue vonkelwyn daarby. Een aandete in die intieme private eetarea (onderhewig aan beskikbaarheid met bespreking).
Een piekniekmandjie vir middagete met ’n bottel rooi- of witwyn by jou villa afgelewer of piekniek gedek by die waterval. ’n Massering vir julle twee saam van 60 minute. Waarde: R28 000.
Blomme en dekor
Buiten die bruid se rok, is die blomme en dekor van die belangrikste elemente op ’n troue.
Weddings by Francois glo met die regte blomme, linne, kerse en dekor kan jy enige tema skep ongeag die venue.
- Web: weddingsbyfrancois.co.za
- Facebook: Weddings by Francois
Die prys
Blomme en dekor ter waarde van R30 000.
Foto’s vir die onthou
Elke liefdesverhaal moet gekoester word. Die teer oomblikke, spontane glimlagte, liefdevolle blikke en die eerste dans.
Danksy Mighty Fine Weddings sal jy vir altyd op die beste dag van jou lewe kan terugkyk.
- Web: weddings.mightyfine.co.za
- Facebook: mightyfineproductions
- Instagram: mightyfineweddings
Die prys
Videopakket ter waarde van R15 000.
Sit terug en ontspan
Zita de Abreu van 360 Link Events is mal daaroor dat elke bruid haar eie visie vir haar troue het en om dit vir haar te laat waar word.
Met haar oog vir detail sal sy jou droomdag beplan sodat jy nie nodig het om jou oor enigiets anders te bekommer as om daar te wees nie.
- Web: 360link.co.za
- Instagram: 360Link_events
Die prys
Volledige beplanning van die troue vir 12 maande. Waarde: R48 000.
Jou droomrok
By Olivelli kan toekomstige bruide hulle keuse maak uit pragtige trourokke in verskillende style! Daar is ook bykomstighede soos skoene, sluiers, juweliersware, bolero’s en haarjuwele wat by elke rokstyl pas.
Ons is lief vir ons bruide en dis vir ons baie belangrik om haar op haar mooiste te laat lyk vir haar mooiste dag!
- Web: olivelli.co.za
- Facebook: OlivelliBridal
- Instagram: olivelliwedding
Die prys
’n Gehuurde rok van die Olivelli Bridal Boutique vir die bruid ter waarde van R20 000.
Topwyne
Met ’n trotse tradisie van wynmaak wat van 1791 dateer, is Nederburg bekend vir sy spesialiswyne asook heerlike, gebalanseerde wyne wat jy elke dag kan geniet.
- Web: nederburg.com
- Facebook: nederburgwines
- Instagram: nederburgwine
Die prys
12 x bottels Nederburg Winemasters Rosé, 12 x bottels Nederburg Winemasters Cabernet Sauvignon, 12 x bottels Nederburg Double Barrel Reserve, 18 x bottels Nederburg Cuvée Brut. Waarde: R5 300.
SMS die woord TROUE tesame met jou antwoord, naam en van, straat- of posadres, en e-posadres na 35409. SMS’e kos R1,50 elk – gratis SMS’e nie geldig nie.
Sluitingsdatum: 3 Maart 2023
- Onthou om die splinternuwe SARIE Bruid te koop. Dit is nou op die rakke en aanlyn beskikbaar.