Vir jou en jou baba: ’n Gratis hospitaal-paklys

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images
Die babakamer is gereed en jy tel die dae af om jou eersteling te ontmoet.

Die artikel het oorspronklik in 2019 verskyn:

Die babakamer is gereed en jy tel die dae af om jou eersteling te ontmoet. Daar is ’n mengelmoes van gevoelens - opwinding, vrees, spanning en vreugde. Jy het lysies gemaak van alles wat gedoen moet word: iemand moet Wagter ’n paar dae versorg, jy wil nog by die babalappie-uitverkoping uitkom en die karstoeltjie staan nog en wag in sy verpakking. Dalk is die meeste take al afgehandel. Of hardloop jy en manlief nog rond omdat dit voel of byna niks nog gereed is nie. 

Dis normaal om so te voel. Niemand kan jou regtig voorberei op ouerskap nie!

Ten minste kan jy jou hospitaalsak pak, want daardie eerste paar dae is dit ál wat jy gaan nodig kry. Hier is jou volledige gids.

Hospitaalsak

Verskeie ouerskap-webtuistes beveel aan dat jy twee hospitaalsakke pak - een vir ma en een vir baba.

FOTO Getty Images / Gallo Images

Ma se hospitaalsak

Pak die volgende in:

- Slaapklere

Pak minstens twee stelle in. Slaaphemde wat voor oopknoop, sal borsvoeding vergemaklik.

- Pantoffels

Jy wil nie kaalvoet op die hospitaalvloere rondloop nie.

- Japon

- Sokkies

Jou voete kan koud word.

- Swangerskapsdoekies

Bloeding ná geboorte is normaal. Onthou dus om genoeg swangerskaps- of sanitêre doekies in te pak.

- Borsdoekies

Jou melkvloei kan aanvanklik baie onvoorspelbaar wees, hou dus absorberende lappies byderhand.

- Toiletsakkie

Noodsaaklik as jy oornag. Pak vloeibare lyfseep, ’n tandeborsel, tandepasta, basiese velsorgprodukte, lyfroom en selfs ’n waslap in. 

- Handdoek

Nie alle hospitale verskaf handdoeke nie.

- Lipsalf

Die hospitaal se lugversorging kan jou lippe uitdroog.

- Peuselhappies

Pak genoeg happies vir jou en jou maat in. Julle gaan lang ure wakker wees, en baie hospitale verskaf slegs etes. 

- Selfoon en selfoonlaaier

Boodskappe gaan waarskynlik instroom en jou foon se battery gou pap raak. 

- Tydskrif of boek

Jy gaan dalk tye alleen wees of vir jou slapende baba wag.

- Pen

Daar is altyd ’n paar vorms wat ingevul moet word.

- Jou eie kussing

Ingeval jy verkies om op jou eie kussing te slaap. Dit kan ook borsvoeding vergemaklik.

- Stel skoon klere 

Pak gemaklike klere in vir huis toe gaan. 

FOTO Getty Images / Gallo Images

Baba se sak

Pak die volgende vir baba in:

- 2 pakke weggooidoeke

Jou baba kan aan die begin tot 12 doeke per dag gebruik.

- Genoeg weggooibare natlappies

’n Mens kan nooit genoeg hê nie.

- 5 stelle klere

Frokkies, slaappakkies, mussies en sokkies om seker te maak baba is droog en gemaklik.

- Babasjampoe

Jy sal minstens een keer in die hospitaal jou baba moet bad. 

Handdoek

- Nie alle hospitale verskaf handdoeke nie.

- Lyfroom

Jou baba se velletjie kan vinnig droog raak.

- Boudjiesalf

Sy boudjies kan gou sensitief raak.

- Ontsmettingsalkohol

Sy naeltjie moet gereinig word.

- Sagte watte

- Naelknipper

Ingeval die verpleegster jou wil wys hoe om sy naels te knip.

- 4 komberse

Twee elk vlieskomberse en ligte toedraaikombersies.

- 1 stel klere

Vir huis toe gaan.

FOTO Getty Images / Gallo Images

Jou maat:

Herinner hom om saam te bring:

- Beursie met kontant, bankkaart en mediesefondskaart

- Karstoeltjie

- Peuselhappies (pak genoeg!)

Bronne: Pampers, Parents24, Living and Loving, Baby Centre, Today’s Parent, Mammaklets

JONGSTE UITGAWE

Maart/April 2022

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees