Die ou Egiptenare het in hiërogliewe geskryf, en nou, eeue later, gebruik ons weer allerlei simbole soos gesiggies en hartjies om ons boodskappe oor te dra.
Wat is ’n WhatsApp sonder ’n emoji? Emojipedia het onlangs meer as 150 nuwes goedgekeur sodat ’n seekoei, papegaai of huishoudelike item soos ’n besem, koekie seep en toiletpapier deel van jou boodskap kan wees. Vir die somer is daar die perfekte een: ’n Muskiet!