Ontmoet die top-30 vir 2022!
Almal vroue wat inspireer en ’n verskil maak. Hulle kom van ons groot stede tot ons kleinste dorpe. Van Kaapstad, Pretoria, Johannesburg, Bloemfontein en Polokwane tot Mookgophong, Oudtshoorn, Hermanus, Cradock – selfs Windhoek.
Onder die 26 wat SARIE se beoordelingspan gekies het, en die 4 wat deur SARIE.com-lesers aangewys is, is ’n apteker, dokter, optometris, tandarts, operasangeres, atletiekafrigter, balletonderwyseres, taalinstruktrise, lektrise, aktrise, polisieoffisier en sommer ’n handvol entrepreneurs, onderwyseresse en studente. ’n Opwindende groep vroue.
In trotse samewerking met Isa Carstens Akademie.
Asive Ndawuni, 25, Cradock, Onderwyseres
Antoinelle Hartze, 46, Worcester, Tandarts
Ané Oosthuysen, 24, Vanderbijlpark, Onderwyseres
Anastatia Katz, 37, Bloemfontein, Skoonheidsterapeut en grimeerkunstenaar
Carlien Neethling, 30, Johannesburg, Dokter
Carli Basson, 19, Stellenbosch, Isa Carstens Akademie-student
Brittany Hope Smith, 27, Kaapstad, Operasangeres
Brigitte de Kock, 20, Kempton Park, Besigheidseienaar en deeltydse student
Bonnie Jordaan, 46, Polokwane (Pietersburg), Polisieoffisier
Jean-Mari Ferreira 36, Hermanus, Spagroep-eienaar
Janéne Kleu, 46, Irene, Optometris
Heidi Nel, 46, Hartbeespoort, Besigheidseienaar en huisvrou
Elisna Swanepoel, 26, Mookgophong (Naboomspruit), Apteker
Diandra-Jade Al-Youssef, 29, Oudtshoorn, Somatoloog en taalinstruktrise
Madeline Rossouw, 37, Pretoria, Klerekasbeplanner en stilis
Lizette de Villiers, 50, Pretoria, Besigheidseienaar
Liné Fernhout, 23, Robertson, Eienaar van klerehandelsmerk
Lindré Fouchee, 42, Oudtshoorn, Atletiekafrigter
Leani van Niekerk, 38, Bloemfontein, Lektrise in die regte.
Juanita McPherson, 20, Worcester, Skoolassistent.
Veruska Uys, 21, Danville, Student in sielkunde en kriminologie
Surita Jordaan, 43, Somerset-Wes, Model en aktrise
Nicole Landsberg, 21, Windhoek, Grimeerkunstenaar
Nasta Vosloo, 34, Welkom, Grimeerkunstenaar en nasorgjuffrou
Mariska Mouers, 23, Langebaan, Onderwyseres
Marica Marx, 20, Potchefstroom, BCom-rekeningkundestudent
Marene Matthee, 19, Wellington, Student in maatskaplike werk
Yolandé Jacobs, 47, Mbombela (Nelspruit), Mede-eienaar van besigheid
Wendy van Zyl, 51, Pretoria, Balletonderwyseres
Bianca van Wyk, 30, Somerset-Wes, Produkkoördineerder
Volgende vir SARIE Voorbladgesig
Die top-5 van SARIE Voorbladgesig verskyn tans in die September/Oktober-uitgawe van SARIE wat nou op die rakke is. Daarna kom al vyf finaliste in Kaapstad bymekaar vir ’n fotosessie waar hulle deur Fanie Cronjé, SARIE-stylredakteur, en die beste grimeerkunstenaars en haarstiliste onder hande geneem gaan word – nes al SARIE se vorige voorbladsterre.
Vind op 4 November uit wie die wenner is wanneer SARIE se November/Desember-uitgawe met haar op die voorblad verskyn!
Volgende vir SARIE Nuwe Gesig
Hier is die Top-5 van SARIE Nuwe Gesig.
Die wenner van SARIE Nuwe Gesig word 4 Oktober op SARIE.com aangekondig en verskyn op die voorblad van ’n kleiner weergawe van SARIE se November/Desember-uitgawe.