Loopbaangesprek: SARIE praat met Isa Carstens Akademie

akkreditasie
As jy enigsins gewonder het oor skoonheidstegnologie, die wats, waars en moenies, moet jy nie dié artikel misloop nie.

Talle besighede moes in die afgelope jaar hul deure sluit of mense aflê weens Covid, en vrae het ook ontstaan oor die skoonheidsbedryf se voortbestaan en volhoubaarheid. Isabel Roos, eienaar en direkteur van die Isa Carstens Akademie, sê egter die angs en onsekerheid asook verlies aan kontak tussen mense is juis waarom die skoonheidsbedryf - wat lankal nie net gaan oor mooi wees nie - nou 'n nog groter rol het om te speel as tevore. Daar is twee redes hiervoor, volgens haar.

Aanraking

Dit is so 'n eenvoudige beginsel, maar hou soveel voordele vir ons in: Dit verskaf emosionele energie, verbeter ons bui (dink maar aan hoe jou liggaam reageer op 'n massering of gesigsbehandeling wanneer "goedvoel"-hormone vrygestel word), skep 'n gevoel van versorging en omgee, en laat ons ontspan. In 'n tyd van verhoogde angs en selfs depressie is daar 'n reuse-behoefte aan opgeleide terapeute wat hierdie basiese menslike behoefte in 'n veilige, beheerde omgewing kan vervul. Daarom sal die bedryf nooit oorbodig wees nie.

Werkskepping en loopbaanopsies

Dalk nóg belangriker is die bedryf se vermoë om werk te skep. As daar ooit 'n tyd was om te besin oor wat jy in die toekoms gaan doen, is dit nou. As jy 'n loopbaan in die skoonheidsbedryf oorweeg het, is dit juis nou die tyd om so 'n kursus te volg, want die opleiding bied vir jou soveel loopbaanmoontlikhede.

Nie net kan jy 'n terapeut word met 'n kursus wat jou toerus met kennis in anatomie, fisiologie, dermatologie en kosmetiese wetenskap nie, daar is ook die opsie van 'n loopbaan in die administrasie en bestuur van hierdie praktyke. Administrasie het die afgelope jaar baie belangrik geword vir die terapeut en eienaar van 'n spa, salon en mediese estetika-praktyk. Die ondersteuning wat hierdie rolspelers bied, is van kardinale belang om vloei en bedryfsukses te verseker. Verantwoordelikhede kan die volgende insluit:

  • Ontvangs van en kommunikasie met kliënte
  • Die bestuur van afsprake
  • Bemarkingskoördinering
  • Kantoorbestuur
  • Basiese rekeningkundige verantwoordelikhede soos om betalings te hanteer en rekenings na te gaan
  • Die bestuur van verkope
  • Basiese behandelings soos grimering, haarverwydering, lyfmassering, manikuur, pedikuur en naeltegnologie

Met hierdie agtergrond kan die kandidaat die res van die span bystaan en ondersteun as administratiewe assistent en bestuurder, sowel as instaan vir sekere skoonheidsbehandelings. Die kandidaat is ten volle toegerus om in die skoonheids- of gasvryheidsbedryf te werk met 'n keuse van slegs teorie, of 'n kombinasie van teorie en sekere skoonheidsvakke.

Hier is jou opsies

SARIE Jan/Feb 2021

KYK: Studies by Isa Carstens Akademie in 'n neutedop

Michélle van Breda, redakteur van SARIE, praat met Yolandé Swanepoel, Akademiese Hoof by Isa Carstens Akademie oor wat dit beteken om 'n loopbaan in skoonheidstegnologie te volg, asook die studentelewe by die Akademie.

Kyk die volle gesprek hier:

Vir meer inligting, besoek isacarstens.co.za - die Akademie se volgende opedag vind plaas op 3 September 2021.

*SARIE Voorbladgesig & SARIE Nuwe Gesig 2021 word met trots geborg deur die Isa Carstens Akademie

JONGSTE UITGAWE

NOVEMBER/DESEMBER 2021

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees