Nuwe baadjie vir SARIE Blokraai

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
SARIE Nuwe Gesig 2021, Nicole Nathan, vul SARIE Blokraai in agter die skerms van haar fotosessie

FOTO Marzanne Schoeman
SARIE Nuwe Gesig 2021, Nicole Nathan, vul SARIE Blokraai in agter die skerms van haar fotosessie FOTO Marzanne Schoeman
Plus meer as 150 raaisels om op te los!

SARIE Blokraai is terug met ’n blink nuwe baadjie!

Dié jaar se blokraaiboek is in ’n nuttige handsakgrootte gedruk sodat jy dit enige plek met jou kan saamneem, van die vliegtuig tot die naweekhuis en selfs die dokter se spreekkamer!

Danksy haar blink nuwe baadjie is SARIE Blokraai nou mooi genoeg om op jou koffietafel te verskyn … die boek bied plek vir notas en selfs inspirerende aanhalings. Boonop is dit geringbind, sodat jy met gemak jou raaisels kan invul.

Met 120 blitsraaisels, 36 sudokus en 24 pyltjieraaisels is SARIE Blokraai die perfekte manier om jou woordkennis te verryk én jou brein fiks te hou. Geniet dit!

*SARIE Blokraai is nou beskikbaar by uitsoekwinkels teen R130 

JONGSTE UITGAWE

NOVEMBER/DESEMBER 2021

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees