’n Unieke manier om skole te bemagtig, mede-ouers met mekaar te laat skakel en jou daaglikse werk as ouer tien keer eenvoudiger te maak, is om die administrasie van ritte skool toe en terug, of na buitemuurse aktiwiteite, onder mekaar te deel.
Die d6 Connect-platform is reeds in gebruik by baie skole en bied ’n veilige, gerieflike manier vir ouers om hul kinders te kry waar hulle moet wees.
Hoe werk dit?
As ’n ouer op die app kan jy ’n rit bespreek, aanbied of aanvra. Die app is gemeenskapsgedrewe, wat beteken jy vra ritte aan by mense wat jy waarskynlik reeds ken of deur iemand anders ken.
Om die ritoplossing te gebruik, moet die skool en die ouers die d6 Connect-app gebruik.
Gebruik dit
Maak vandag nog gebruik van die app deur ’n rit te bespreek, aan te bied of aan te vra. Volg die skakel om na die “Saamry”-funksie onder "Meer" in die app te gaan.
As jy nie die app het nie, kan jy dit in die Google Play store of in die Apple App Store vind. En as jou skool nog nie die app gebruik nie, vra hulle vandag nog daaroor. Jy sal almal in jou skoolgemeenskap ’n guns doen!