Raad vir mans: Só kan ’n mens moontlike gewigskwessies en lae libido bekamp

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Hipotireose by mans kan dit tot gevolg hê. Weet jy wat die simptome van ’n onderaktiewe tiroïedklier is by mans? Hier is wat jy daarvan moet weet.
Foto verskaf
Foto verskaf

As jy sukkel met moegheid, maklik gewig optel en lae libido het, kan dit ’n aanduiding wees van ’n onderaktiewe skildklier, of hipotireose. Die simptome is baie algemeen, dus is dit belangrik om seker te maak deur middel van mediese toetse en nie jouself te probeer diagnoseer of behandel nie.

Hier is meer inligting oor hipotireose en hoe dit mans se gesondheid, veral seksuele gesondheid, kan affekteer. Bespreek dit met jou dokter as jy dink hierdie simptome is van toepassing op jou. 

Ander simptome van hipotireose in mans

1. Seksuele disfunksie

Sommige studies wys ongeveer 60% van mans met hipotireose ervaar ’n lae libido, erektiele disfunksie of vertraagde ejakulasie. Hipotireose kan ook semengehalte affekteer en word geassosieer met ’n laer sementelling, semen beweeglikheid en swak vorm.

Dié faktore kan potensieel fertiliteit beïnvloed. Gelukkig is die simptome ook omkeerbaar met behandeling.

2. Lae testosteroon

Testosteroon is ’n sekshormoon met verskeie belangrike rolle in mans se gesondheid, soos beengesondheid, spiertonus, libido en normale voortplanting.

Hipotireose kan die vlakke van vrye testosteroon in die bloed verlaag, en word ook geassosieer met laer vlakke van die sekshormoonbinding, globulin. Dit is ’n proteïen wat testosteroon deur die liggaam help vervoer.

Beide die veranderinge kan bydrae tot lae testosteroon in mans. As jy die hipotireose behandel, kan jy egter  testosteroonvlakke verhoog – dus is dit ’n goeie idee om jou tiroïedklier te laat toets as jy lae testosteroonvlakke het.

Hoe algemeen is hipotireose in mans?

Hipotireose affekteer ongeveer 5% van mense, hoewel baie mense ongediagnoseer daarmee saamleef. Die moontlikheid bestaan dat daar tot 16% van mans is wat aan hierdie toestand ly. Die risiko van hipotireose verhoog namate jy ouer raak.

Vroue is vyf tot 10 keer meer geneig om hipotireose te hê. Die rede hiervoor is dat meeste hipotireose veroorsaak word deur ’n outo-immuunsiekte wat meer algemeen voorkom by vroue.

Algemene simptome van hipotireose kan die volgende insluit:

  • Toename in gewig
  • Moegheid
  • Hardlywigheid
  • Haarverlies
  • “Breinmis” – ’n gevoel van vertraagde gedagtes en beweging
  • Maklik koud kry
  • Droë vel
  • Swelling in die nek
  • Lae buie of depressie
  • Spierkrampe, -pyne of -swakheid
  • Bros naels en hare
  • Verlies van gevoel, of naalde en spelde in die vingers en hande

Wat is die tiroïedklier?

Die tiroïed is gevorm soos ’n strikdas en is ongeveer op dieselfde plek as waar ’n mens ’n strikdas dra! Sy doel is om die tiroïedhormone T3 en T4 te produseer en in jou bloedstroom vry te laat, waar hulle na die ander organe in jou liggaam versprei word.

As dié hormone behoorlik werk, verseker dit jou metabolisme, gewig, bui en ander sisteme werk goed. Jy kan eintlik aan die klier dink as jou liggaam se energieverskaffer.

As die klier swak werk, word alles stadiger en noem ’n mens dit hipotireose. Dan produseer die klier nie genoeg hormone om die optimale werking van die verskillende sisteme in die liggaam te ondersteun nie, en ontwikkel die simptome hier bo.

Die goeie nuus

Baie van hierdie onplesierige simptome kan omgekeer word deur proaktiewe leefstylveranderinge te maak vir optimale tiroïedfunksie, en deur medikasie te neem om dit te behandel.

Wat jy kan doen

1. Doen ’n selfondersoek van jou tiroïedklier

Staan voor die spieël en kyk of jou tiroïedklier vergroot is. Beweeg jou kop na agter, neem ’n slukkie water en soos jy sluk, kyk na die area in jou nek onder die adamsappel en bokant die sleutelbeen. Soek na ’n knop. Doen dit ’n paar keer. As jy ’n knop sien, behoort jy jou dokter te gaan sien. 

2. Laat jouself toets

As jy dink jy het dalk simptome van ’n wanfunksionele tiroïedklier is dit beter om jou dokter te vra of jy getoets behoort te word.

Maak leefstylveranderinge om tiroïedgesondheid en gewigsverlies te bevorder

  • Sny verfynde koolhidrate en suiker uit
  • Fokus op heelgraan koolhidrate soos groente en bone.
  • Vermy verfynde suiker soos lekkergoed en koeldrank. 
  • Verfynde koolhidrate en suiker het ’n hoë GI-indeks en mag inflammasie in die liggaam verhoog.
  • Eet genoeg kalorieë. As jy dit nie doen nie, kan jy dalk ’n stresreaksie in jou liggaam veroorsaak wat maak dat jy minder T3-hormoon (die aktiewe hormoon) afskei.

Eet meer anti-inflammatoriese kosse

  • Anti-inflammatoriese kos kan help om pyn en depressie tee te werk, wat beide ’n gevolg kan wees van ’n onderaktiewe skildklier.
  • Anti-inflammatoriese kos kan help om die immuunstelsel te ondersteun, wat dikwels oortyd werk in mense met hipotireose.
  • Anti-inflammatoriese kos ondersteun die opname van belangrike nutriënte vir gesonde tiroïedfunksie, soos magnesium, B vitamienes, sink, selenium, yster en vitamien C.
  • Eet meer groen blaargroente, tamaties, vetterige vis, neute, vrugte en olyfolie, wat kan help met inflammasie en minder druk op die lewer plaas.
  • Gesonde lewerfunksie is belangrik, want die lewer is verantwoordelik vir 60% van T4 wat omgeskakel word na T3. 

Eet klein, gereelde etes

  • ’n Stadige tiroïedklier beteken stadige vertering, dus sal kleiner, gebalanseerde etes ’n wyse besluit wees. Dit sal ook help om gebalanseerde bloedsuikervlakke te bevorder en die lus vir sekere kosse verminder.
  • ’n Dieet met baie gesonde vette, gematigde hoeveelheid proteïen en gematigde tot lae koolhidraat-inname is die beste vir gesonde tiroïedklierfunksionering.

Hou ’n kosdagboek

Om jou daaglikse voedselinname te monitor sal jou help sien hoeveel kos jy inneem en of jy ’n gebalanseerde dieet volg.

Beweeg

Dis belangrik om oefening deel van jou leefstyl te maak. Dit sal jou help om kalorieë te verbrand en ’n gesonde gewig en gesondheid bevorder.

Neem die regte aanvullings

Herbex Thyroid Active-tablette bevat Fucus vesiculosis (bladderwrack), Withania somnifera (winter cherry/ashwagandha) en ekstra jodium en selenium, wat kan help om normale tiroïedklierfunksies te bevorder.

Herbex Thyroid Active-tablette bevat Fucus vesicul
Herbex Thyroid Active-tablette bevat Fucus vesiculosis (bladderwrack), Withania somnifera (winter cherry/ashwagandha) en ekstra jodium en selenium.
  • Hierdie inligting word verskaf deur ’n derdepartykliënt. Praat altyd eers met jou dokter voor jy enige produkte of medisyne gebruik.

Bronne: academic.oup.com, journals.sbmu.ac.ir, pubmed.ncbi.nim.nih.gov, goodrx.com, ncbi.niim.nih.gov, jamanetwork.com, nwhjournal.org

JONGSTE UITGAWE

Julie/Augustus-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees