Dertien jaar gelede het die eerste wenner van SARIE Voorbladgesig op ons voorblad gepryk – Alrie Velleman van Gqeberha. Verlede jaar was Brittany Smith ons wenner. En nou is dit tyd om ons 13de Voorbladgesig te kies. Dalk is dit jou jaar!
Dit is ook die vierde jaar dat ons SARIE Nuwe Gesig, spesiaal vir leerders van gr. 10 tot gr. 12, aanbied.
Ons vennoot van die afgelope vyf jaar, die Isa Carstens Akademie, kry boonop ’n nuwe spanmaat, African Extracts, en sáám is ons opgewonde om te sien wie vanjaar met die voorblad wegstap. Gryp die geleentheid aan om deel te wees van iets besonders!
Inskrywings vir albei wedstryde is slegs aanlyn op voorbladgesig.sarie.com
Drie foto’s moet opgelaai word en 72 DPI wees, met ’n maksimum van 4 MB elk, portretstyl.
Hoe nader jou foto’s aan die onderstaande riglyne is, hoe beter is jou kans om raakgesien te word.
- ’n Kop-en-skouersfoto – jy moet direk na die kamera kyk
- ’n Kop-en-skouersfoto – met jou gesig effens weggedraai terwyl jou oë direk na die kamera kyk
- ’n Driekwart- tot vollengte-foto
LW: Die beoordelaars se besluit is finaal en geen verdere kommunikasie sal plaasvind nie. Administrasiegeld van R100 per inskrywing is betaalbaar vir SARIE Voorbladgesig asook Nuwe Gesig. Alle bepalings en voorwaardes geld.
- Besoek voorbladgesig.sarie.com vir al die wedstrydreëls en om in te skryf