Voeg tuiste-doelwitte by jou Nuwejaarsvoornemens en maak jou huis winkelnuut met Mr Price Home. Verwelkom 2023 met nuwe tendense, waarde vir geld en verskeidenheid, en nog meer van jou gunstelinghuisware en gunstelingdekor.
Skuif op en ontspan met hierdie salige núwe sitkamervoorkoms! Voeg ’n verfrissende sensasie by jou sitkamer met kussings vanaf R169,99 elk. Hierdie trots Suid-Afrikaanse kussings is beskikbaar in twee verskillende groen geblaarde katoenstowwe wat gemaak is om enige rusbank op te tooi!
Versier jou sitkamer met pragtige aalwynkunswerke en leunstoele – plaaslike stukke wat jou spasie ophelder!
Drink ’n heildronk op ’n nuwe jaar met nuwerwetse glasware. Klink glasies met ’n verskeidenheid mengeldrankieglase vanaf R49,99 elk en wyn- en sjampanjeglase vanaf R69,99 elk. (Glasware beskikbaar vanaf 23 Januarie 2023.)
Gepraat van sakke vol styl! Kry geskenke met hierdie fantastiese flora-geïnspireerde geskenkstel! Kies uit ’n reeks geskenksakkies vanaf R29,99, sneespapier vanaf R29,99 en notaboeke vanaf R35,99! So oulik dat jy dit dalk net vir jouself as ’n geskenk wil koop!
Lok die nuwe jaar in met styl en voorkoms wat jou huis opkikker! Besoek een van hul winkels vir die nuutste tendense teen die beste pryse (en natuurlik in die beste kleure en patrone!) alles in een winkelruimte of koop hierdie voorkoms nou aanlyn by www.mrphome.com.
Vir nog meer tuiste-inspirasie, volg hulle op Instagram.