Veerkragtig met SARIE

akkreditasie
Ter viering van Ilse Salzwedel se nuwe boek, "Floreer", het Ilse en SARIE se boekeredakteur, Phyllis Green, hierdie herfs oor veerkragtigheid gesels ... kyk die video's hier.

Ons almal is daarmee gebore: veerkragtigheid! Daardie spesiale krag wat jy binne jouself ontdek wanneer die lewe jou platgeslaan het en jy die moed bymekaar moet skraap om weer op te staan.

Saam het SARIE se boekeredakteur en die skrywer en joernalis Ilse Salzwedel onlangs gekyk na wat veerkragtigheid waarlik is, en sekere elemente van veerkratigheid in diepte bespreek in 'n reeks van vier boekgesprekke. Kyk elkeen van dié gesprekke hier.

Ilse se praktiese wenke en ware verhale van veerkragtigheid sal jou inspireer om jou eie veerkragtigheid te ontdek, bo jou terugslae uit te styg, en teenspoed in die toekoms makliker te oorkom. Danksy Phyllis se in-diepte-vrae en kommentaar, sal jy die gereedskap kry om jou eie veerkragtigheid te help ontwikkel.

Wat is veerkragtigheid?

Veerkragtigheid en dankbaarheid

Veerkragtigheid en stres

Praktiese wenke om veerkragtigheid aan te leer

Veerkragtigheid is die tema van Ilse se nuutste boek, Floreer (Lux Verbi). In dié boek ontdek en deel sy hierdie wêreld van veerkragtigheid. Floreer is Ilse se sesde boek. Ander boeke uit haar pen is Seerowers, kameelkoppe en chillies vir tee (2011), Bloedsusters (2011), Onvertelde Stories van Afrikaans (2012), Selna Visser: My hel in Dubai (2013) en Van Sprokie tot Tragedie in die Kollig (2013).

JONGSTE UITGAWE

SEPTEMBER/OKTOBER 2021

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees