Dié inspirerende brokkies is vir elkeen van daardie uitgesoekte mense wat die rol van ma vertolk, hetsy biologies of nie. Dalk is dit jou ouma, ’n familielid of ’n dierbare mens in jou lewe.
Soms is daar ’n gesukkel om die regte woorde te kry om hulde aan diegene te bring wat jou altyd met hope liefde sien vir wie jy is, wat jou inspireer om te wees wat jy wil wees . . .
Hier is rondomtalie-aanhalings deur bekendes en onbekendes wat wissel van ernstig tot minder ernstig om hierdie Moedersdag ook ekstra spesiaal te maak.