Lugvaart en toerisme is van die bedrywe wat die ergste geraak is deur die Covid-19-pandemie. Suid-Afrika kon in die verlede altyd staatmaak op oorsese toeriste om ’n stewige bydrae tot die ekonomie te lewer. Inperkings oorsee sowel as plaaslik het hulle vanjaar egter weggehou.
Rye en rye vliegtuie het soos soldate op hul pos gestaan. Gereed om hul vlerke te sprei na verre lande. Maar daardie vlerke was vir ’n lang tyd geknip. Net so het die snoesige beddens van hotelle, lodges en gastehuise gewag vir die toeriste om hulle te kom tuismaak. Maar binne dae is vakansies wat lank vooruit bespreek is, gekanselleer. Nou bly dit ’n droom vir eendag ... wanneer vliegtuie weer oor die oseane mag vlieg, wanneer toeriste weer vryelik kan reis waarheen hulle wil.
Phyllis Green het met ’n paar mense gesels wat betrokke is by toerisme en lugvaart oor hoe die pandemie hulle geraak het.