Dis tyd om jou stapskoene se veters vas te maak en die volgende avontuur aan te pak met 2022 se Weg! Stapgids.
In dié uitgawe praat die span met die mense wat die jaarlikse Rim of Africa-pelgrimstog van 750 km deur die Cape Fold-bergreeks moontlik maak.
Is jy op soek na ’n kindervriendelike oornagroete? Esma Marnewick neem haar twee dogters (tien en sewe jaar oud) op die Galpin-roete in die Fernkloof-Natuurreservaat naby Hermanus.
Op die Harkerville-sirkelroete tussen Plettenbergbaai en Knysna kan stappers die woude en klowe van die Tuinroete in slegs twee dae ervaar.
En as jy mik na die Karoo, sal die Drie Pieke-uitdaging in die Sneeuberg naby Graaff-Reinet jou klein – en spesiaal – laat voel.
In hierdie uitgawe sal jy ook verskeie roetes ontdek om op jou stapwenslysie te plaas, van ’n wildernisroete in die Nasionale Krugerwildtuin tot die multidag-Wupperthal 66 in die Cederberg, sowel as ’n klomp dagstappe.
Daarby beveel die Weg!-stapspan hul beste toerusting aan. Plus apps waarmee jy jou selfoon in ’n veldgids, voëlgids, weervoorspeller, ’n roete-aanwyser en kompas kan omskep.
Kry vandag nog jou eksemplaar. Beskikbaar by winkels en deur die Media24 Winkel.