book-icon Uitgawe SARIE KOS Herfs 2021

Kuberkuier: E-pos uit Chachoengsao, Thailand

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
’n Drywende mark met
vars produkte soos vrugte
en groente op ’n kanaal in
Thailand. FOTO Getty Images / Gallo Images
’n Drywende mark met vars produkte soos vrugte en groente op ’n kanaal in Thailand. FOTO Getty Images / Gallo Images

Soos vele ander farang (“vreemdelinge”) hier leer ek mense Engels. Ek het in Mei 2019 by die staatskool Benchamaracharungsarit in Chachoengsao, ’n provinsiestad so 80 km oos van Bangkok, ingeval.

’n Paar honderd jaar gelede was die gewoonte van koninkryke in die Ooste om stede/regeringsetels op eilande te bou, dus omring van riviere en kanale, vir verdediging asook handels- en vervoerdoeleindes. Bangkok het ook so ontstaan – die twee “arms” van ’n U-vormige perdeskoenbuig in die rivier is met ’n kanaal verbind en so is ’n veilige “eiland” gevorm. Mettertyd het die stad uitgebrei en meer kanale is gegrawe, wat mense gebruik vir vervoer en om handel te dryf. Baie het in huisbote op die rivier en kanale en in hout- en bamboeshuise op die walle gaan woon. Tans is dit steeds ’n gewilde manier vir toeriste om die stad te verken. Omdat dit mense dadelik herinner het aan Venesië se kanale en bote, is die benaming “Venesië van die Ooste” aan Bangkok toegedig.

Daar is heelparty dinge, waarvan  nie. Sover het ek die geleentheid gehad om twee pragtige eilande te besoek en te verken, Koh Lan (naby die toeristekusstad Pattaya) en Koh Chang, een van die groter eilande in die baai van Thailand. Dan het ek ook die fassinerende antieke ou stad Ayutthaya met sy pragtige ruïnes van tempel- en paleiskomplekse per fiets verken. In die noorde het ek die twee stede Chiang Mai en Chiang Rai besoek en baie lekker en interessante kleiner georganiseerde dagtoere daar rond gedoen.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
JONGSTE UITGAWE

SEPTEMBER/OKTOBER 2021

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees