Kia se splinternuwe Sportage slaan my asem weg . . . Ek moet wel ’n erkenning maak: Ek het oor die jare ’n groot Sportage-aanhanger geword soos ek dié sportnuts in verskeie gedaantes toetsbestuur het.
Elke Sportage wat ek nog gery het, het altyd vir my bewys dat Kia ’n gerekende motorvervaardigers geword het, en dat hulle weet hoe om ’n goed gebalanseerde ryding te bou, wat jou waarskynlik nooit in die steek sal laat nie.
Met die jongste geslag Sportage gee Kia weer ’n quantum sprong vorentoe om te verseker dat hierdie sportnuts die pasaangeër in sy segment word.