Vroeër vanjaar het die jongste generasie van die C-klas hier sy verskyning gemaak en ons kon agter die stuur van die C200-model inskuif.
Of jy nou ’n C-klas kan bekostig of nie, is daar baie redes om dit te respekteer, waarvan die belangrikste is dat dit trots Suid-Afrikaans is en in Mercedes se moderne fabriek in Oos-Londen, vir plaaslike verkope en vir uitvoerdoeleindes, gebou word.
Dit skep dus derduisende werksgeleenthede en wys vir die res van die wêreld dat ons land oor die vermoë beskik om ’n luukse, hoë-gehalte motor te bou, wat net sowel in Duitsland vervaardig kon wees.