Vier die feestyd saam met vriende en familie by Kaapse spoghotel

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
FOTO Verskaf
FOTO Verskaf
Laat die vreugde van die feestyd jou vanjaar by die One&Only Kaapstad omvou en gee jou oor aan die feestelikheid by dié oord sonder sy gelyke.

Van die oomblik dat jy oor die drumpel tree, sal jy voel hoe jy ontspan, terwyl jy die gevoel van vryheid saam met jou familie en vriende geniet. 

Omarm die gees van die seisoen met feestelike laatmiddag-tee en besonderse kulinêre ervarings deurdrenk met die geur van tradisie. Kom bymekaar vir heerlike versnaperinge wanneer dit aand word, terwyl die note van Kersliedjies die naglug vul. Skep herinneringe vir ’n leeftyd saam met diegene wat die naaste aan jou hart is, en geniet glansryke soirées, spoggerige skemerdrankies en oorvloedige tafels geraam teen die agtergrond van die ikoniese Tafelberg. Kyk hoe die verwondering en vreugde die jongspan se gesigte ophelder wanneer Kersvader sy verskyning maak, en die oord in ’n wonderwêreld van liggies en feestooisels verander.

FOTO Verskaf

Geniet die vreugde van die vakansietyd saam met jou gesin terwyl julle ’n verskeidenheid van buitengewone ervarings vir alle ouderdomme deel. Die jongspan kan hulle uitleef in feestelike kookklasse en handwerksessies, terwyl julle mekaar weer opnuut kan vind oor wynproeë, spabehandelings en vieringe langs die swembad. Verwelkom 2022 saam met diegene wat jy liefhet onder ’n kombers van sterre en glansryke vuurwerk. Voel die betowering van die vakansiegees op die Een&Enigste manier. Jou feestelike wegbreekkans wag.

Vir gaste wat graag die feestelike atmosfeer langer wil geniet en oorbly, bied die One&Only ’n eksklusiewe plaaslike aanbod, genaamd One Escape. Dié aanbod is slegs geldig vir Suid-Afrikaanse burgers en lede van die SAOG-lande, en sluit in spesiale tariewe, komplimentêre ontbyt, en 25% afslag op kos en drankies gedurende jou verblyf.

Alternatiewelik kan jy die oord besoek vir een van ons spesiale feestyd-ervarings hier onder. Besoek gerus https://www.oneandonlyresorts.com/cape-town vir meer.

Kersfees-feestelikhede

FOTO Verskaf

Laatmiddag-tee (Frosted Afternoon Tea)

16-30 Desember 2021 | 14:00-17:00

Vista Bar & Lounge | R425 per volwassene & R495 per volwassene op 25 Desember 2021

Bespreek vir ’n besonderse bederfmiddag van kuier en fyn eetgoed. Ons namiddagtee sluit in ’n groot verskeidenheid van feestelike soet en sout versnapering asook verskeie lieflike geurige tees gemaak van los blare.

Kersfees-middagete (The Ultimate Christmas Lunch)

25 Desember 2021 | 12:30-15:00

Ochre | 3-gang-maaltyd voorgesit in gesinstyl

R1 900 per persoon*

Geniet middagete saam met jou geliefdes rondom ’n tafel vol van jou feestyd-gunstelinge. Met lewendige musiek, ’n spesiale besoek deur Kersvader en vermaak vir die kinders is hierdie geleentheid vir die hele familie.

Kersfees-aandete

25 Desember 2021 | 18:00-20:00

Ochre | 3-gang-maaltyd voorgesit in gesinstyl

R1 150 per persoon*

Geniet ’n dekadente driegang-spyskaart in die gloed van ons Kersboom terwyl die son wat eers laataand in Kaapstad sak, die Moederstad in sy strale koester.

*Pryse sluit nie drankies in nie. 

Oujaarsaand-feesvieringe

FOTO Verskaf

’n Nobu-Oujaarsaand

31 Desember 2021 | 18:00

Nobu | Á la carte*

*Rekening van minimum R4 900 per persoon

Werp jouself in die glans van die seisoen en gaan die nuwe jaar tegemoet met fynproewerkos en fabelagtige vermaak by Nobu. Daar is die spesiale á la carte-spyskaart met Nikkei cuisine – ’n vermenging van Japannese en Peruviaanse geure en tegnieke, ’n platejoggie, dansvloer, sjampanje en oesters wat sal sorg dat dié aand lank ’n hoogtepunt sal bly.

Oujaarsaand-deurnag-tapas-ete (New Year's Eve All Night Tapas Dinner)

31 Desember 2021 | 18:00  

Vista Bar & Lounge | R5 000 per persoon**

Groet die ou jaar en verwelkom die nuwe elegant en stylvol met heerlike seekos en vermaak vanuit ’n ander wêreld by die Vista Bar & Lounge. Met ’n platejoggie, dansvloer, fotohokkie, sjampanje, oesters en die finale aftelling tot 2022 gaan dit ’n aand wees om te onthou.

Oujaarsaand-gala-ete

31 Desember 2021 | 18:00

Ochre | R3 250 per persoon**

Gaan die Nuwe Jaar met elegansie en in styl tegemoet by Ochre, met ’n verruklike vyfgang-spyskaart en die finale aftelling tot 2022.

**Pryse sluit nie drank in nie.

JONGSTE UITGAWE

NOVEMBER/DESEMBER 2021

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees