Wen 'n Kaapse wegbreek ter waarde van R61 500

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Wen ’n Kaapse wegbreek ter waarde van R61 500 by die luukse Table Bay Hotel in Kaapstad
FOTO verskaf
Wen ’n Kaapse wegbreek ter waarde van R61 500 by die luukse Table Bay Hotel in Kaapstad FOTO verskaf
GEBORG: Die Moederstad is heeljaar pragtig, maar dis in die lente wat sy haar beste vir besoekers wys. Groen en skoongewas deur die winterreën, met strome en watervalle wat van Tafelberg aftuimel om die skildery te voltooi.

Lentetyd is die stad ’n paradys vir fotograwe met die landskap wat voortdurend verander – sonstrale wat deur die wolke breek, sagte, fyn mis en die helderste reënboë wat soms die lug inkleur.

Die stad se groen seisoen is ’n paradys vir fotograwe. FOTO verskaf

Soos Kapenaars en gereelde besoekers reeds weet, lê die werklike sjarme van Kaapstad daarin om langs ’n kaggelvuur te sit, te smul aan heerlike kos en die streek se wêreldbekende wyne te geniet. Die temperature is boonop ideaal vir staptogte, bergfietsry en bergklim. 

’n Opwindende bestemming in enige seisoen

Watter beter manier is daar om Kaapstad te ervaar as by die stad se beste adres: Die Table Bay Hotel. Dis by hierdie vyfster-eiendom van Sun International naby die waterkant van die stad se besige hawe en die lewendige V&A Waterfront waar styl, elegansie en luuksheid ontmoet.  

Omring deur praguitsigte van die berge, see en stad, bied die hotel se ruim kamers ’n panoramiese uitsig op die Atlantiese Oseaan en Robbeneiland aan die een kant, en op die V&A Waterfront en majestueuse Tafelberg aan die ander kant. 

Die hotel word omring deur praguitsigte van die berge, see en stad. FOTO verskaf

Walvisse, robbe, dolfyne en otters is van die talle seediere wat gereeld die beskutte waters van die hawe besoek, en Kaapstad het bekendheid verwerf as die enigste plek ter wêreld waar witdoodhaaie uit die water spring.

Die bronsbeeld van Oscar die rob by die ingang van die hotel is deel van hierdie see-erfenis. Dit bring hulde aan ’n werklike Kaapse pelsrob wat ’n integrale en geliefde deel van die hawe was, en jy sal hom in verskeie vorms in die hotel teëkom. 

Vir dieper insig in die diverse mariene lewe van die Indiese en Atlantiese Oseaan, besoek die nabygeleë Twee Oseane-akwarium om meer te wete te kom oor die bewaringswerk wat hulle doen. Of bespreek wanneer die maan vol is en die gety laag, vir ’n begeleide rotspoel-toer by die hotel. Saam met ’n mariene bioloog kan gaste die nabygeleë rotspoele besoek en meer leer van die fassinerende seelewe wat hier gevind word – van seeslaai tot anemone en seesterre. 

Besoek die Twee Oseane-akwarium om meer te wete te kom oor die bewaringswerk wat hulle doen. FOTO verskaf
Besoek attraksies verder weg met die stad se rooi oopdak-dubbeldekbusse. FOTO verskaf

Walvisse, robbe, dolfyne en otters is van die talle seediere wat gereeld die beskutte waters van die hawe besoek, en Kaapstad het bekendheid verwerf as die enigste plek ter wêreld waar witdoodhaaie uit die water spring. 

Die bronsbeeld van Oscar die rob by die ingang van die hotel is deel van hierdie see-erfenis. Dit bring hulde aan ’n werklike Kaapse pelsrob wat ’n integrale en geliefde deel van die hawe was, en jy sal hom in verskeie vorms in die hotel teëkom. 

Vir dieper insig in die diverse mariene lewe van die Indiese en Atlantiese Oseaan, besoek die nabygeleë Twee Oseane-akwarium om meer te wete te kom oor die bewaringswerk wat hulle doen. Of bespreek wanneer die maan vol is en die gety laag, vir ’n begeleide rotspoel-toer by die hotel. Saam met ’n mariene bioloog kan gaste die nabygeleë rotspoele besoek en meer leer van die fassinerende seelewe wat hier gevind word – van seeslaai tot anemone en seesterre.

Van ontbyt tot middagete en aandete ... smul aan vars smake terwyl jy oor die V&A Waterfront en Tafelberg uitkyk. FOTO verskaf
Laat jou spiere ontspan tydens 'n joga-sessie langs die swembad met sy uitsigte oor die baai en die Atlantiese Oseaan. FOTO verskaf
Sien jy nie kans vir die reën nie? Besoek dan die Table Bay Camelot Spa om jou vel én lyf te bederf. FOTO verskaf
Jy kan ook kies om binne die rustige beskutting van die hotel te bly en die hotel se verskeidenheid eetgeriewe te beproef. FOTO verskaf

Julle kan ook die mariene Groot 5 – walvisse, dolfyne, witdoodhaaie, robbe en Afrika-pikkewyne – vanaf ’n luukse katamaran besigtig, of ’n halfuur lange vaart in die hawe geniet en kyk hoe skepe die hawe binnekom en uitvaar, met Kaapse pelsrobbe wat tussendeur vir vermaak sorg met hul spelery.

Aktiwiteite op land in die V&A Waterfront sluit in selfbegeleide historiese staproetes, besoeke aan museums, inkopies en uiteet. Fietse is ook te huur vir ’n alternatiewe manier om die Waterfront te ervaar. 

Attraksies verder weg kan besoek met die stad se bekende rooi oopdak-dubbeldekbusse, waarmee jy onbeperk langs ’n roete kan op- en afklim. Roetes waaruit gekies kan word, sluit in besoeke aan besienswaardighede in die stad, skiereiland, wynplase, wit strande, die pikkewyn-broeikolonie by Boulders, die Kaappunt-natuurreservaat en die wêreldbekende Tafelberg wat bo die groter skiereiland uittroon.

Daar is natuurlik ook die opsie om binne die rustige beskutting van die hotel te bly en by die spa of langs die swembad met sy uitsigte oor die baai en die Atlantiese Oseaan te ontspan.

Vir die beste tariewe, gaan na thetablebay.co.za.

Watter beter manier is daar om Kaapstad te ervaar as by die stad se beste adres: Die Table Bay Hotel. Dis by hierdie vyfster-eiendom van Sun International naby die waterkant van die stad se besige hawe en die lewendige V&A Waterfront waar styl, elegansie en luuksheid ontmoet. FOTO Verskaf

WEN

Een gelukkige leser en hul metgesel kan ’n nag se verblyf in die middel van die week by die Table Bay Hotel in Kaapstad ter waarde van R61 500 wen.

Om vir die kompetisie in te skryf, voltooi eenvoudig die vorm en beantwoord die onderstaande vraag:

Selfs al wen jy nie, kan jy steeds spaar! SARIE-lesers kan tot 40% afslag kry op verblyf in die middel van die week by die Table Bay Hotel as jy voor 30 November 2021 ’n bespreking deur https://www.suninternational.com/specials/media-24/ doen.

Die prys sluit middel-van-die-week-verblyf vir twee vir een nag in die hotel se presidensiële suite in, ’n heerlike ontbyt en ’n keuse van een van die volgende ervarings wat eksklusief by die hotel beskikbaar is:  

OPSIE EEN: Masseer-skemerkelkie-paring

Ontspan by die Camelot Spa met ’n doelgemaakte ontspannende spa-pakket. Dit sluit in ’n verfrissende rugafskilfering met ’n energiegewende mariene skrop en ’n nek-en-skouermassering om van stres ontslae te raak. Hierna kan paartjies hulle by die swembad met sy uitsig oor die hawe gaan tuismaak en spesiale mengeldrankies met of sonder alkohol saam met die sjef se keuse van canapés geniet. 

OPSIE TWEE: Joga met ’n uitsig

Vernuwe jou siel teen die agtergrond van die Atlantiese Oseaan terwyl ’n joga-instrukteur jou deur verskillende posisies en diep asemhaling neem om krag, balans en soepelheid te verbeter. Maak jou sintuie wakker en asem die vars seelug in.

Die kompetisie het gesluit. Baie dankie.
JONGSTE UITGAWE

NOVEMBER/DESEMBER 2021

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees