Wen ’n wegbreek na Egoli

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
FOTO Verskaf
FOTO Verskaf
GEBORG: Van aksiebelaaide aktiwiteite tot die beste museums, Johannesburg het iets vir elkeen. Skryf in vir dié kompetisie en jy kan ’n kort vakansie van vier dae vir twee mense ter waarde van R41 922 na die Goudstad wen

Suid-Afrika se grootste stad bied ’n verskeidenheid ervarings wat jou asem sal wegslaan. Want waar anders in die wêreld kan jy in die diep skag van ’n goudmyn afsak, in die Konstitusionele Hof staan, historiese museums, kunsgalerye en ’n botaniese tuin besoek – en die Groot Vyf sien – alles op een dag?

Nog ’n pluspunt van die stad is die heerlike sonskyndae in die lente, wat dit die perfekte bestemming maak vir jou vitamien D-inspuiting. 

Ryk aan geskiedenis en kultuur

As een van die wêreld se jonger groot stede, is Johannesburg op een van die rykste goud-are gebou. Vanaf sy vroegste dae as myndorp, toe ’n vloedgolf van buitelandse werkers daarop toegesak het, was die stad ’n hutspot van kulture. Sy kulturele verskeidenheid en ryk geskiedenis kan steeds gesien word in plaaslike kuierplekke soos Vilakazistraat in Soweto.

Die beste plek om die Stad van Goud te begin ontdek is vanaf Sun International se ultramoderne Maslow Hotel Sandton – ’n rustige groen oase in die hart van Suid-Afrika se rykste myl. Anders as die meeste stedelike hotelle, het die Maslow ’n lushof van groen tuine en jy kan hier of in die stoele langs die swembad ontspan. 

FOTO Verskaf
FOTO Verskaf
FOTO Verskaf

Indien jy inkopies wil gaan doen, is winkelkomplekse met ontwerpersitems gerieflik byderhand, terwyl jy vir ’n ander ervaring Johannesburg se oulike markte kan ontdek.

Ook vir die adrenalienverslaafde is daar genoeg avontuur, met onder meer die wêreld se hoogste SCAD-vryval by die Orlando-torings in Soweto.

FOTO Verskaf

Of beplan ’n besigtigingstoer van die stad. Begin die dag met ’n heerlike ontbytbuffet by die hotel en klim dan op een van die rooi dubbeldek-busse met hul oop dak. Met meer as 20 plekke wat jy kan sien en 16 plekke waar die bus stop sodat jy kan op- of afklim, is dit die gerieflikste manier om die stad se attraksies te sien sonder om self te bestuur.

FOTO Verskaf
FOTO Verskaf
FOTO Verskaf
FOTO Verskaf
FOTO Verskaf
FOTO Verskaf

Hierna kan jy terugkeer na die hotel vir ’n luukse spa-behandeling, voor jy en jou geliefde rustig raak met ’n drankie ná ’n genotvolle dag in die Stad van Goud.

Volg die Maslow Hotel op FacebookTwitter en Instagram

WEN

Een gelukkige persoon kan ’n wegbreek in die middel van die week vir twee ter waarde van altesame R41 922 wen. Om aan die kompetisie deel te neem, beantwoord bloot die volgende vraag:Waar in Johannesburg sal jy die hoogste SCAD-vryval in die wêreld vind?

Selfs al wen jy nie, kan jy steeds spaar! SARIE-lesers kan tot 40% afslag kry op verblyf in die middel van die week by die Boardwalk as jy voor 30 November 2021 ’n bespreking deur https://www.suninternational.com/specials/media-24/ doen.

Die prys sluit in:

  • Vier nagte se verblyf vir twee in die middel van die week by die Maslow Sandton ter waarde van R34 400.• Namiddagtee vir twee ter waarde van R790. High tea is ’n fyn kuns by die Maslow Sandton met keurige soet en sout gebak wat jy kan geniet terwyl jy onder die lieflike hoë bome, langs die swembad of op die stoep van die Lacuna Bar ontspan
  • Een aandete vir twee by die Lacuna Bistro ter waarde van R1 000. Dié eetplek spesialiseer in bistro-styl cuisine wat berei word van bestanddele wat plaaslik verkry is. Omar Menhouk is die sjef agter die kos op die à la carte-spyskaart.
  • Die Africology Spa se Devotion Journey, ’n halfdag-behandelingspakket vir twee ter waarde van R2 500. Adem die geur van Afrika-plantekstrakte en essensiële olies in terwyl jou stres wegmasseer word, gekombineer met ander behandelings waarin op jou gesondheid gefokus word.
  • Twee kaartjies vir die rooi hop-on, hop-off-bus ter waarde van R490. Die wenners sal die bus kan gebruik vir sewe ervarings:
  • Ervaring 1:’n Begeleide toer van Constitution Hill ter waarde van R200, waar julle meer kan leer oor Suid-Afrika se oorgang tot ’n volwaardige demokrasie. Besoek die eerste hoësekerheidstronk, waar Mahatma Gandhi en Nelson Mandela eens gevange gehou is, en staan in die Konstitusionele Hof, die hoogste hof in die land. Kunsliefhebbers kan hulle verlustig in die pragtige uitstallings van moderne kunswerke.
  • Ervaring 2: Toegang vir twee by die Ditsong Nasionale Museum vir Militêre Geskiedenis ter waarde van R90. Die museum bewaar die geskiedenis van alle militêre konflik waarby Suid-Afrikaners betrokke was. Uitstallings sluit in voertuie, vliegtuie, uniforms, wapens, militêre musiek, persoonlike aandenkings, kommunikasie, medisyne, propaganda en vlae. Die biblioteek het ’n unieke versameling van meer as 70 000 boeke, joernale en argiefmateriaal.
  • Ervaring 3: ’n Besoek aan die Oorsprongsentrum ter waarde van R162 vir twee. Volg die mens se oorsprong asook die ontwikkeling van die tegnologie, kuns, kultuur en simboliek. Ontdek Suider-Afrikaanse rotskunstradisies, geïllustreer deur moderne kunsinstallasies deur bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars. Ervaar toegevoegde realititeit deur die gebruik van die sentrum se AR app, en sien hoe die diere in die rotstekeninge in die museum lewend raak. Die sentrum is onlangs opgeknap. Besoek hulle by www.wits.ac.za/origins om meer uit te vind. Kyk video hier 

    Ervaring 4: Twee kaartjies vir die grootste wetenskapsentrum in Suider-Afrika, die Sci-Bono-sentrum, ter waarde van R120. Dis geleë in ’n ou elektriese werkswinkel in Newtown. Die naam kom van die afkorting van “science” en “bono”, die Venda-woord vir “visie”.

    Ervaring 5: Toegang vir twee by die gewilde Johannesburgse Dieretuin ter waarde van R220. Die eiendom van 55 hektaar is ’n belangrike sentrum vir plaaslike en internasionale opvoedkundige, omgewings- en teelprogramme, en is die tuiste van 2 000 diere en 320 spesies, wat die Groot Vyf insluit. ’n Ander hoogtepunt is om deur die akwarium se tonnel te stap. Besoekers kan verder ontspan by die twee restaurante, piekniekplekke en curiowinkel.

    Ervaring 6: Toegang vir twee by die inheemse Walter Sisulu Botaniese Tuin ter waarde van R160. Die indrukwekkende tuine is uitgelê in ’n vallei omring word deur ’n natuurreservaat, kompleet met kranse en ’n natuurlike waterval van 70 m. Die area huisves ook volop voëllewe, wat twee Verreaux-arende insluit. Ontdek die stappaadjie, tematuine, dam en voëlskuiling en raak rustig by die restaurant.

    Ervaring 7: Avontuurlustiges kan die opwinding van die wêreld se hoogste SCAD-vyrval by die Orlando-torings in Soweto beleef, ter waarde van R800 vir twee mense. Vryval 50 m sonder enige harnas of toue en land in ’n veiligheidsnet met lugbuise en remvering.

    Ervaring 8: Wees vir ’n ruk deur die blare op Acrobranch se boomtop-avontuur. Die waarde is R990, na gelang van fisieke vermoë en die roete wat jy kies. Die ervaring sluit ’n keuse van hindernis-uitdagings in terwyl jy van boom tot boom beweeg met behulp van toue, lere, tonnels, brûe, Tarzan-swaaie en glykabels. Opgeleide instrukteurs is heeltyd byderhand om jou veiligheid te verseker.







Kompetisie sluit oor: 4 dae, 18 ure, 51 minute, en 27 sekondes
*
*
Reƫls

1. Promotor: Tensy anders vermeld in die besonderhede rakende die promosieveldtog, is die promotor Sun International. 2. Geagte oordrag: Daar word aanvaar dat elke deelnemer aan die promosieveldtog hierdie Bepalings en Voorwaardes gelees het en aanvaar op grond van hul deelname. 3. Inskrywingsproses: 3.1. Om in te skryf is gratis en sal gedoen word in ooreenstemming met die proses soos uiteengesit in die besonderhede oor die promosieveldtog. 3.2. Tensy anders vermeld word in die besonderhede oor die promosieveldtog, mag geen persoon wat ’n direkteur, lid, vennoot, werknemer of agent van Sun International is (dit sluit in gades, lewensmaats, sakevennote of direkte familielede) aan die veldtog deelneem nie, asook geen persoon nie wat direk of indirek beheer het of beheer word deur Sun International of sy bemarkingsdiensverskaffers. 3.3. Deelnemers moet 18 (agtien) jaar of ouer wees en uitgeslote persone (dit is self-uitgeslote persone, persone wat toegang geweier word, of enige ander kategorie van uitgeslote persone) word verbied om aan die promosieveldtog deel te neem. Die promosieveldtog is eksklusief vir Suid-Afrikaners met ’n geldige identiteitsnommer en/of paspoort (wat ook al die geval mag wees) wat hier woon. 3.4. Die Promotor behou die reg voor om die promosieveldtog op enige tydstip te beëindig. Indien dit gebeur, stem alle deelnemers in om enige regte te laat vaar wat hulle moontlik in die promosieveldtog kan hê en stem in dat hulle geen eise teen Sun International, verwante partye, sy bestuur, werknemers en agente sal instel nie. 3.5. Deur ’n deelnemer se deelname stem hy of sy in dat Sun International hul persoonlike inligting (“Beskermde Persoonlike Inligting”) kan bekom, prosesseer en behou, wat die deel van inligting met Sun International se derdeparty-agente insluit. Deelnemers stem in dat Sun International hul Beskermde Persoonlike Inligting hou solank as wat dit nodig is om wettige sakebelange van Sun International te bevorder en dat Sun International redelike stappe mag neem om hierdie inligting op te dateer of vernietig. Deelnemers aanvaar dat Sun International redelike en praktiese stappe neem om Beskermde Persoonlike Inligting in sy besit veilig te hou. Die kliënt sal data hou vir die wettige tydsverloop wat toegelaat word, waarna die kliënt (asook derdeparty-agente) sal verseker dat dit veilig vernietig word. 4. Seleksieproses 4.1. Media24 sal die pryswenner aanwys deur middel van ’n ewekansige trekking ná die sluitingsdatum. 4.2. Onvolledige inskrywings sal lei tot summiere diskwalifikasie sonder enige kennisgewing. 4.3. Die pryswenner sal telefonies ingelig word en bevestiging van die toekenning van die prys(e) sal per e-pos gestuur word na die kontakbesonderhede wat die deelnemer verskaf het. Die pryswenner moet ontvangs van die prys(e) erken deur die Wenner-verklaringsvorm wat by die Prysbrief aangeheg is binne die aangeduide tydperk te onderteken. Indien die pryswenner versuim om die brief te onderteken, sal hy of sy die prys verbeur en ’n nuwe pryswenner gekies word. 4.4. Media24 sal alle redelike stappe doen om die wenner van hul prys in kennis te stel, maar indien Media24 nie die pryswenner binne 48 (agt-en-veertig) uur vanaf die trekking en ná drie foonoproepe in die hande kan kry nie, sal ’n nuwe pryswenner getrek word. 4.5. Alle besluite wat verband hou met die toekenning van die prys(e) aan ’n pryswenner is gegrond op Media24 se diskresie, dis finaal en bindend, en geen korrespondensie hieroor sal met deelnemers gevoer word nie en geen appèl sal aangehoor word nie. 4.6. Dit is moontlik dat tegniese foute of stelselprobleme kan voorkom. Indien tegniese probleme ontstaan of skade voorkom aan die toestel wat gebruik word vir die ewekansige trekking of keuse (indien van toepassing), ongeag die oorsake, sal ’n ander geskikte toestel of metode gebruik word, volgens die uitsluitlike diskresie van Sun International. In so ’n geval sal Sun International, sy verwante partye, bestuur, werknemers en agente nie aanspreeklik gehou word vir enige skade, verlies of eis van enige aard voortspruitend uit die voorafgaande nie. 5. Prys(e) 5.1. Die pryswenner aanvaar die prys(e) op eie risiko. Alle prente en foto’s wat gebruik word om die pryse te adverteer is bloot ter illustrasie en verwysing, die werklike prys se voorkoms mag verskil. Enige advertensie oor die kontantwaarde van die pryssamestelling verteenwoordig Sun International se geraamde waarde van die normale kleinhandelprys tot die beste van sy vermoë. 5.2. Pryse is nie vir kontant omruilbaar nie, nie oordraagbaar nie en mag nie verkoop of verruil word nie. 5.3. Die opeis en benutting van die pryse is onderworpe aan die tydperk daaraan gekoppel soos bepaal in die promosieveldtog en die Prysbrief. Geen terugbetaling sal aan die deelnemer gedoen word vir enige ongebruikte deel van die prys nie. 5.4. Die pryse tussen die deelnemende Sun International-sakebedrywighede kan verskil. Die pryse is onderhewig aan beskikbaarheid en sluit uit piektye van toepassing op die hotel(le) wat in die promosieveldtog genoem word. Indien die prys (of dele daarvan) om enige rede nie beskikbaar is, het Sun International die reg om die prys volgens sy diskresie met ’n ander prys van gelyke waarde te vervang. 5.5. Bykomend tot paragraaf 5.4, mag die aanbod en toekenning van die prys sonder vooraf kennisgewing verander word ten einde aan grendelregulasies te voldoen soos bepaal deur die Suid-Afrikaanse regering. As gevolg van die feit dat slegs geselekteerde Sun International-hotelle tans oop is, behou Sun International die reg voor om enige bespreking by die oorspronklike hotel te verander na ’n bespreking by ’n ander Sun International-eiendom in dieselfde of soortgelyke omgewing. 5.6. Alle verblyf is onderworpe aan beskikbaarheid en Sun International se standaard-besprekingsprosedure (maar nie beperk nie tot), wat insluit dat gaste wat nie betyds uitteken nie vir die volle bedrag aangeslaan sal word, en gaste wat nie vir hul bespreking opdaag nie ’n 100% (eenhonderd)-kansellasiefooi sal betaal. 5.7. Sodra ’n bespreking gedoen is en ’n bevestiging gestuur is na die e-posadres wat die deelnemer verskaf het, sal geen veranderinge aanvaar word nie, wat insluit die datum en keuse van Sun International-hotel deur die deelnemer. 5.8. Tensy die promosieveldtog spesifiek anders vermeld, sluit die prys reiskoste, vervoer na en van die hotel, reisversekering, bykomende vermaak en aktiwiteite, maaltye, en ander items van ’n persoonlike aard uit wat nie in die Prysbrief ingesluit is nie. Alle onvoorsiene uitgawes van enige aard wat die pryswenner mag hê gedurende hul verblyf is deur die pryswenner betaalbaar voor hul vertrek. 5.9. Aktiwiteite is streng onderworpe aan beskikbaarheid en besprekings moet dadelik by die hotel se concierge gedoen word met aankoms. Daar word van alle gaste verwag om ’n vrywaringsvorm te teken vir alle aktiwiteite voor daar vertrek word om aan die aktiwiteit deel te neem. Die vrywaringsvorm vir kinders onder 18 (agtien) jaar moet deur ’n Ouer/Wettige Voog onderteken word. Indien ’n gas weier om die vrywaringsvorm te onderteken, sal die gas nie aan die aktiwiteit mag deelneem nie en ook nie hul geld terugkry nie. 6. Verbeuring van prys 6.1. Die prys is onderhewig daaraan dat die pryswenner en enigeen wat hulle vergesel die Gesondheid-en-veiligheidprotokol by enige Sun International-eiendom aanvaar en nakom, wat Sun International se gesondheid-en-veiligheidprotokol ten opsigte van Covid-19 (maar nie beperk nie tot) insluit (beskikbaar by https://corporate.suninternational.com/media/covid-19-protocols/). 6.2. Sou die pryswenner of enigiemand wat hulle vergesel weier om paragraaf 6.1 na te kom en/of sou die deelnemer vals inligting aan Sun International verskaf, en/of enige van die bepalings en voorwaardes soos hier uiteengesit oortree (soos bepaal volgens die diskresie van Sun International), behou Sun International die reg voor om die prys dadelik terug te trek en toegang tot sy eiendom te weier en/of regshulp te bekom. Dit beteken die deelnemer sal onmiddellik as wenner van die prys gediskwalifiseer word en alle voorregte as wenner sal onmiddellik beëindig word sonder enige eis in hierdie verband teen Sun International, sy verwante partye, sy bestuur en werknemers. 6.3. Indien die pryswenner nie kan reis op die datums wat deur die promosieveldtog gespesifiseer word nie, sal die prys verbeur word en die wenner sal geen eis teen Sun International, sy verwante partye, sy bestuur en werknemers in hierdie verband instel nie. 7. Sun International se regte 7.1. Indien enige van die volgende gebeure in Suid-Afrika dit onmoontlik en/of onwettig maak vir Sun International om enige van sy verpligtinge in die promosieveldtog na te kom, as gevolg van direkte omstandighede buite sy redelike beheer (dus nie as gevolg van sy fout of nalatigheid nie). Dit sluit in ’n daad van God, natuurlike rampe, handelinge wat deur oorlog genoodsaak is, regulasies en bevele wat deur die regering ingestel is (wat insluit maar nie beperk is nie tot die uitbreking van ’n aansteeklike siekte of pandemie), asook regulasies wat deur die Wêreldgesondheidsorganisasie ingestel word soos in die geval van Covid-19, epidemies, klokreëlings in noodsituasies, ontruimings, kwarantynvereistes, verbiedings of enige ander beperkings, en/of burgerlike onrus. Dan het Sun International die reg om die promosieveldtog te wysig, te verleng of te beëindig. 7.2. Deur die prys te aanvaar, stem die deelnemer in dat Sun International hul naam, voorkeur en inskrywing vir bemarkings- en advertensiedoeleindes mag gebruik sonder vergoeding, tot die mate waarin die wet dit toelaat. Met die wenner se ondertekening van die Verklaringsvorm wat deel is van die Prysbrief, sal die kliënt versoek dat foto’s met hom gedeel word en die identifisering van die wenner (mense op die foto) is onderworpe aan hul reg om te weier. 7.3. Tot die mate waartoe die toepaslike wette dit toelaat, is Sun International, sy verwante partye, sy bestuur, werknemers en agente nie verantwoordelik of aanspreeklik nie vir: 7.3.1. die akkuraatheid of beskrywing of illustrasie van die prys; 7.3.2. onbeskikbaarheid, verlies, onderskepping of inmenging, laat ontvangs of skade aan enige opgeëiste prys; 7.3.3. enige voorstelling, versekering, voorwaarde of waarborg rakende ’n prys, buiten daardie voorwaardes wat deur die wet gewaarborg word en nie wettig deur Sun International uitgesluit kan word nie; 7.3.4. enige belastings, fooie, onkoste of enige ander koste wat die pryswenner moontlik moet betaal wanneer ’n prys benut word; en 7.3.5. vrywaring – alle koste, beserings, verliese of skade van enige aard, volledig of gedeeltelik, direk of indirek, aan die deelnemer, of voortspruitend uit deelname aan enige aktiwiteit wat met die prys verband hou, of hul ontvangs, gebruik of misbruik van enige prys wat aan hulle toegeken word. 8. Kinderbeleid Die ouderdom van enige kind sal bepaal word volgens die datum waarop by die relevante Sun International ingeteken is. 8.1. Gesinskamers by die Palace, Table Bay, Cascades, Soho, Cabanas, Lugogo, Royal Swazi en Wild Coast 8.1.1. 2 Volwassenes met 2 kinders van 12 jaar of jonger, of een kind van 17 jaar of jonger, op ’n slaapbank, ontbyt vir maksimum 2 kinders ingesluit. 8.1.2. 1 ’n Volwassene met 2 kinders van 12 jaar of jonger wat by die Palace of die Table Bay bly, of met 2 kinders van 17 jaar of jonger by die res van die gespesifiseerde hotelle bly, op ’n slaapbank, sal ’n enkelkamertarief betaal, wat ontbyt vir maksimum 2 kinders insluit. 8.1.3. 1 ’n Volwassene met drie kinders sal die tarief vir ’n dubbelkamer betaal, wat ontbyt vir die kinders insluit. 8.2. Aangrensende kamers by die Boardwalk, Maslow, Time Square en Meropa 2 Kinders van 17 jaar of jonger in hul eie kamer beperk tot 2 kinders per kamer. Afslag van 50% op die tarief in die tariefskedule sluit ontbyt in en is van toepassing op een kamer per familie. 8.3. Standaard-dubbelkamer by Sibaya 8.3.1. 2 Volwassenes met 2 kinders van 17 jaar of jonger in ’n 2 x dubbelbedkamer, ontbyt uitgesluit. 8.3.2. 1 ’n Volwassene met 2 of 3 kinders van 17 jaar of jonger in ’n 2 x dubbelbedkamer betaal ’n enkelkamertarief, wat ontbyt vir die kinders uitsluit. 9. Algemeen 9.1. Hierdie Bepalings en Voorwaardes is in ooreenstemming met die wette van die Republiek van Suid-Afrika en die howe van die Republiek van Suid-Afrika het eksklusiewe jurisdiksie oor sake wat hieruit kan voortspruit. 9.2. Indien Sun International enige toegewings maak of afwyk van hierdie Bepalings en Voorwaardes, dan sal hierdie toegewings of afwykings nie misverstaan word as ’n verbreking of afstanddoening van hierdie Bepalings en Voorwaardes of enige reg van Sun International nie. 9.3. Enige paragraaf of gedeelte wat nie deur die wet afdwingbaar is nie, sal geskei word van die res van hierdie Bepalings en Voorwaardes, en die oorblywende bepalings sal van krag bly. 9.4. Die kompetisie sal van 28 Oktober 2021 tot 17:00 op 9 Desember 2021 oop wees vir inskrywings. Jy kan soveel kere as wat jy wil inskryf. Personeel van Media24, Sun International en hul familielede mag nie inskryf nie. 9.5. Pryse is vasgestel en sluit nie vervoer in nie. Dit is slegs geldig vir verblyf van ’n week. Die prys is tot 30 April 2022 geldig. Pryse kan nie in piektye benut word nie, wat insluit skoolvakansies, langnaweke en openbare vakansiedae.

Hierdie webtuiste word beskerm deur reCAPTCHA en Google se Privaatheidsbeleid en Gebruikersvoorwaardes geld.
JONGSTE UITGAWE

NOVEMBER/DESEMBER 2021

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees