Ek wil ook nie met die rekening sit en elke item afmerk en optel nie – dit lyk so kleinlik. Maar ons inkomste is nie wat dit was nie. Hoe nou?
Twee woorde: eerlikheid en vooraf. Wanneer jy genooi word na ’n situasie wat jy wéét tot ongemak en frustrasie gaan lei, bespreek dit onmiddellik met die betrokke persoon of persone.
Maak dit duidelik dat jy gereeld in soortgelyke situasies beland, dat jy nie drink of rooivleis eet of wat ook al die geval is nie, en dat jy ná die ete by die toonbank jou deel sal vereffen.