Dilemma: Hoe kan jy waak teen versoekings van ’n aanlyn “skelmpie” in die grendeltyd?

akkreditasie
FOTO Unsplash
FOTO Unsplash

Die gevaar van die valse bekoring van ’n WhatsApp-fling of Facebook-affair het nog groter geword in die inperkingstyd. Mense is meer as ooit aangewese op tegnologie om ’n behoefte aan sosiale kontak te vervul. En dit is nie te sê jou verhouding baat daarby noudat jy juis meer tyd het om saam met jou maat te spandeer nie. 

Verdwyn die vonkel in twee maats se oë, raak dit maklik om intimiteit en erkenning op ’n afspraak-app of -webwerf te gaan soek. En die behoefte om in tye van spanning gekoester te word en aandag te kry van iemand wat so na aan jou hart soos ’n selfoon in jou bosak is, gaan nie oornag oorwaai nie.

As jy te veel inligting met iemand aanlyn deel en jouself weerloos stel, hoe onskuldig dit ook al aanvanklik is, moet jy gevaarligte sien. Hoekom deel jy eerder jou hart aanlyn met iemand anders as met jou maat? Dit kan dui op onvervulde begeertes en behoeftes in jou eie verhouding. 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
JONGSTE UITGAWE

SEPTEMBER/OKTOBER 2021

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees