Sy was eintlik ’n goody two-shoes. Sy het nie rondgeslaap nie, ’n paar betekenisvolle langtermyn-verhoudings gehad, haarself “gespaar” vir daardie iemand spesiaal . . .
’n Affair was die laaste ding wat sy ooit kon dink oor haar pad sou kom.
En toe gebeur dit. Haar baas, ’n getroude man met dieselfde humorsin as sy, a kind soul soos sy hom steeds beskryf, word méér as die kollega met wie sy so lekker kliek: Hy word haar bondgenoot, haar familie, haar minnaar, haar álles. Dertien jaar lank.