Romantiese vennoot? Wie het een nodig as dit eintlik vriende is wat jou deur die swaar tye help. Dié opskrif pryk onlangs in die Britse koerant The Guardian.
Niemand ontken die waarde van vervullende romantiese verhoudings nie. Dink aan flieks soos When Harry Met Sally, Scent of a Woman, Always Be My Maybe, The Half of It . . .
Daar’s baie te sê vir ware liefde, daai lekker vlinders-in-die-maag-gevoel.