Jou kop praat én jou hart luister

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
FOTO Unsplash
FOTO Unsplash

Dit het net reg gevóél. Daar was inderdaad ander plekke langs die Weskus wat dalk ’n beter keuse kon wees – met meer ruimte, of ’n beter ligging, maar dié huis het met haar gepraat. Haar kop het wel geskree, “nie so haastig nie!”, maar haar hart het klaar gekies. En drie maande nadat sy ingetrek het, sê sy dankie vir haar  knus, sonnige nessie. Sy weet hulle is vir mekaar bedoel. Aan die woord is Lydia van der Merwe, SARIE se gesondheidsredakteur.

Vir Don Packett, bemarker, komediant, openbare spreker en outeur, en sy vrou, Lauren, ’n sakekonsultant wat leierskapsontwikkeling doen, was dit ’n harts- én ’n kopbesluit toe hulle verlede jaar midde-in die grendeltyd hul huis in Johannesburg verkoop en summier al hul besittings laat stoor het. Om ’n ander leefstyl te verken. En dis hoe hulle nog altyd hul besluite geneem het – van trou tot werk – en dit wérk vir hulle. Hulle het toe pas veertig geword en was lus vir ’n nuwe fase in hul lewe. “Dalk ’n soort middeljare-ding,” gee Don toe.

Die Packetts is dol op avontuur en die buitelewe en stap graag in die natuur. Sedert einde November reis hulle en werk waar hulle ook al “aanmeer”.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
JONGSTE UITGAWE

NOVEMBER/DESEMBER 2021

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees