In die tweede episode van ons reeks, "Veerkragtig met SARIE", gesels SARIE se boekeredakteur, Phyllis Green, met die skrywer en joernalis Ilse Salzwedel oor die verband tussen dankbaarheid en veerkragtigheid. Die effek van negatiwiteit, fopnuus, sosiale media, ander se woorde en Covid-19 word als tydens hierdie gesprek aangeraak.
Veerkragtigheid is die tema van Ilse se nuutste boek, Floreer (Lux Verbi). In dié boek ontdek en deel sy hierdie wêreld van veerkragtigheid.
Lees meer oor veerkragtigheid in SARIE se Mei/Junie 2021-uitgawe.