book-icon Uitgawe November / Desember 2021

Só maak jy jou kind geldslim

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
FOTO Unsplash
FOTO Unsplash

Wanneer Kathryn Main, stigter-eienaar van Money Savvy, vir ouers sê hulle moet vir hul kinders die huishouding se begroting wys, val die ouers se monde gewoonlik oop. “Dan is ek net so geskok!” sê sy. “Hoe moet jou kinders leer om met geld te werk as jý hulle nie leer nie?”

Kathryn bied finansiële geletterdheidskursusse vir kinders, tieners en volwassenes aan, en het ook ’n e-boek, Raising Money-Savvy Kids*, oor dié onderwerp geskryf. Volgens haar moet jy jou kind van vierjarige ouderdom al begin leer hoe om met geld te werk. “Die skool gaan nie vir jou kind finansiële beginsels leer nie; dis jou verantwoordelikheid. Mense wat as volwassenes sukkel om te begroot of spaar en in die skuld beland, is dikwels dié wat nie as kind al basiese geldbeginsels geleer het nie. “Dis ongelukkig deel van die Suid-Afrikaanse kultuur. Ons praat nie oor hoeveel ons verdien en hoeveel ons skuld nie. Ouers sê hóé gereeld vir hul kinders ‘geld groei nie op my rug nie’, soos hul eie ouers gedoen het, maar verduidelik nie verder hoe jy geld maak of daarmee werk nie. Jou kind leer dan óf geld is iets waarvan daar nooit genoeg is nie en is bang om daarmee te werk, óf daar is een of ander misterieuse geldbron en jy hoef dus nie verantwoordelik daarmee te werk nie. Albei kan ewe destruktief wees.”

Mariska Oosthuizen, handelsmerkhoof van Sanlam, stem saam. “As jou kinders leer geld is ’n taboe-onderwerp, leer hulle nie hoe om geld vír hulle te laat werk nie. En hoe vroeër jy begin om hulle van geld te leer, hoe beter – ’n 2013-studie van die Cambridge-universiteit in die VSA het gewys gewoontes wat verband hou met geld, soos hoe om vooruit te beplan (te begroot) en hoe om bevrediging uit te stel (te spaar), word al op die ouderdom van sewe neergelê. Dis baie moeiliker om slegte gewoontes later in jou lewe af te leer as om goeie gewoontes aan te leer.”

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
JONGSTE UITGAWE

NOVEMBER/DESEMBER 2021

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees