book-icon Uitgawe Mei/Junie 2023
Deel

Leser oor verlies en uiterstes: ‘As jy sing en lag, kan jy nie dikmond wees nie’

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Daar is ’n tyd om te lag, nie te huil nie; te omhels, lief te hê, te dans en nie te treur nie. . .
Verhoudings.
Foto ter illustrasie: Getty Images.

Die afgelope tyd ervaar ek die uiterstes van die lewe.

Eers hou ek vakansie in ’n meer as honderd jaar oue vissermanshuisie aan die kus, vol aandenkings van toeka se dae, met ’n vuurput onder die sterre. Daarna gaan bly ek in ’n pas voltooide, hipermoderne seevakansiehuis met alle hedendaagse geriewe. Die kontras was voelbaar.

Tuis gekom, pas ek iemand se 14 jaar oue brose yorkie op – so klein dat ek bang is sy raak weg. Dae daarna kom neem ’n spierbondel van ’n staffordshireterriër met al haar energie haar intrek. Die twee was uiteraard teenoorgesteldes, die een oud en grys, en die ander jonk en blink.

Ná 47 jaar van getroude lewe was ek gerieflik gewoond om elke aand langs ’n oupa van 74 te slaap. Op ’n dag is sy plek skielik leeg.

Daar is ’n tyd om te lag, nie te huil nie; te omhels, lief te hê, te dans en nie te treur nie. Want as jy dans, kan jy nie kop onderstebo wees nie; as jy sing en lag, kan jy nie dikmond wees nie.

Die grootste troos was toe my kleinkind van vier jaar meteens my kamermaat word. Die gaping van 70 jaar is soos teenpole: Die een ’n bloedjong junior, en sy oupa die bejaarde senior.

Sulke kontras, teenoorgesteldes en teenpole verg groot aanpassings en maak ’n mens maklik lewensmoeg.

Geen wonder die Prediker praat oor uiterstes nie, oor die seisoene in mens se lewe waar daar vir alles ’n bepaalde tyd is: ’n Tyd om gebore te word, ’n tyd om te sterwe; ’n tyd om te plant en ’n tyd om uit te trek; ’n tyd om te bou en ’n tyd om af te breek; te skeur of toe te werk; te praat of stil te bly.

Daar is ’n tyd om te lag, nie te huil nie; te omhels, lief te hê, te dans en nie te treur nie. Want as jy dans, kan jy nie kop onderstebo wees nie; as jy sing en lag, kan jy nie dikmond wees nie.

Ek kies om te dans, of die huis nou nuut of oud is. Te omhels, of die hond nou jonk of oud is. Die lewe te vier en liefde te gee, hetsy aan ’n oupa van 74 of ’n seuntjie van vier. Want ek kán.

Retha van den Berg, Bellville

Skryf aan SARIE

Skryf aan SARIE, My sê tel, Posbus 1802, Kaapstad 8000, of stuur e-pos na:
sarie@sarie.com.

  • Nie meer as 300 woorde nie, maar ons behou die reg voor om briewe te verkort.
  • Menings uitgespreek in lesersbriewe is nie noodwendig dié van SARIE nie.
  • Ons plaas nie gedigte, briewe oor reünies of vermiste mense nie.
  • Briewe (ook e-posbriewe) moet ’n volledige posadres, kontaknommer en volledige doopnaam bevat.
  • Dit moet ook oorspronklik wees en mag nie aan ander tydskrifte voorgelê word nie.
  • En jy moet onderaan jou brief aandui: NET AAN SARIE GERIG.
  • Hierdie brief verskyn oorspronklik in die Mei/Junie-uitgawe van SARIE. Dit is nou op die rakke en aanlyn beskikbaar.
Mei/Junie-uitgawe
Mei/Junie-uitgawe


JONGSTE UITGAWE

Mei/Junie-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees