Die oomblik wat jy hoor jou man is siek en moet chemoterapie kry, stel ek voor dat jy by ’n terapeut/berader aanklop om jou emosioneel te ondersteun.
Sulke nuus is geweldig traumaties en dit kan voel asof jou kop met jou gaan weghardloop. Jy beleef soveel emosies, soos ontkenning, woede, teleurstelling, kommer, verslaentheid, vrees, angs, onsekerheid, magteloosheid.
Dis belangrik dat jy jou emosies en gedagtes met iemand deel. As jy nie daarvan ontslae raak nie, bou dit op. Dit kan lei tot emosionele uitbarstings, uitputting, paniek- en angsaanvalle of depressie.