Normaal.
Dit is omtrent almal se wens op die oomblik: Kan dinge asseblief net terugkeer na normaal? Kan ons weer optel waar ons moes los toe die pandemie begin het?
Maar, sê Nikki Bush, kenner van menslike potensiaal, jy doen jouself nie ’n guns deur te wag vir dinge om te verander nie – al is dit met optimisme.