Jy bly net nie by nie en die einde van die maand lê nog ver ... Kenners sê as jy in beheer wil voel van jou finansies, is die eerste stap om te weet wat met jou geldsake aangaan.
’n Behoorlike begroting help jou om jou geldsake op koers te hou – of jy nou wil spaar, skuld vermy of afbetaal, of ’n strenger oog wil hou oor jou uitgawes, sê Graham Craggs, woordvoerder van Budget Insurance. Deesdae is daar ’n magdom begroting-apps (party is gratis) en webwerwe wat jou daarmee kan help as jy nie weet hoe nie. Die goue reël is om dit elke maand getrou te doen en jou begroting by te werk sodat jy weet hoeveel van jou salaris jy gebruik, versus wat jy beplan het om uit te gee. Stel vas wat dit is wat jou elke keer oor jou begroting laat gaan. En trek dan die leisels stywer.